Jayde Panayiotou-moord: Verdagte glo staatsgetuie

Luthando Siyoli tydens Donderdag se hofverskyning. Foto: ANA

Luthando Siyoli tydens Donderdag se hofverskyning. Foto: ANA

Luthando Siyoli (31), een van die drie verdagtes in die moord op Jayde Panayiotou, het Donderdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Siyoli word aangekla van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord. Siyoli was die eerste verdagte wat in hegtenis geneem is nadat Panayiotou se liggaam gevind is. Panayiotou is in die kop en bolyf geskiet.

Volgens bronne na aan die ondersoek gaan Siyoli ʼn staatsgetuie word en teen sy medebeskuldigdes getuig. Christopher Panayiotou, Jayde se man, en Sizwezakhe Vumazonke word ook aangekla in verband met die moord.

Siyoli het glo ná sy inhegtenisneming die polisie op Christopher se spoor gesit. Daarna is daar glo ʼn lokval vir Christopher gestel waarna hy in hegtenis geneem is. Die saak teen Siyoli is tot 19 Junie uitgestel wanneer hy saam met sy medebeskuldigdes sal verskyn.

Siyoli bly in aanhouding tot sy volgende verskyning.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mientjie ·

Hoekom skei mans nie net eerder hul vroue nie? Dink hulle werklik hulle sal daarmee wegkom? So mooi vrou vermoor vir ‘n polis wat sal uitbetaal. Onthou… De bloedige hand erf niet!!!!!

EMK ·

Wat my altyd onderkry is hierdie “staatsgetuie word” storie. Nou gaan sy straf aansienlik verminder word, maar hy het nie daaraan gedink toe hy die daad gepleeg/help pleeg het nie, toe was dit net oor die geld wat hy sou kry. Sleg ding…

marinda ·

mag hy nooit n oog op mekaar kan sit nie. so mooi vrou vermoor vir geld. dan is hulle nog nie eers so lank getroud nie. veronderstel om nog baie verlief te wees. wys net hy het getrou met die doel om haar te vermoor.

scalla ·

Gehoor van die man wat n groot polis uitgeneem het op sy nuwe vrou se lewe en kort daarna kom sy te sterwe agv die eet van giftige sampioene, die polis betaal uit en spandeer al die geld en trou toe weer en volg dieselfde prosedure en sy sterf ook agv skedel breuk, spandeer weer al die geld en gaan polisie toe en bieg, dit was alles my skuld, die tweede een het geweier om dit te eet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.