Jayde Panayiotou-moord: Verdagte in hof

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

ʼn 31-jarige man het Donderdagoggend in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn in verband met die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou.

Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê Thando Siyoli (31) het vlugtig in die hof verskyn en die saak is tot 7 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding. Siyoli is vroeër vandeesweek in die Kwazakele-township in Port Elizabeth in hegtenis geneem.

Die tweede verdagte, ’n 28-jarige man, is laat Woensdagaand in Uitenhage in hegtenis geneem en sal Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Volgens Mills was roof nie die motief vir die moord nie. Geen verdere inligting is bekend gemaak nie.

Panayiotou se liggaam is verlede Woensdag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ampie ·

As roof nie die rede vir die moord is nie, wat was dan. Vreemdeling haat?Haat teenoor Blankes of vroue?

Dave ·

Indien versekering betrokke sou wees is die motief steeds roof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.