Jayde Panayiotou-moord: Verdagte weer in hof

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Een van die mans wat in hegtenis geneem is in verband met die ontvoering van en moord op Jayde Panayiotou sal Donderdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Thando Siyoli (31) het verlede Donderdag vir die eerste keer in dieselfde hof verskyn. Panayiotou se man, Christopher (28), en Sizwezakhe Vumazonke (30) het ook reeds in die hof verskyn in verband met haar moord.

Christopher het Maandag in die hof verskyn en sal teregstaan op aanklagte van ontvoering, moord en roof. Hy sal ook van sameswering tot moord aangekla word. Sy saak is tot 19 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding.

Vumazonke het Dinsdag in die hof verskyn. Hy het ʼn oogbesering gehad en aan die hof gesê polisiebeamptes het hom aangerand. Sy saak is ook tot 19 Junie uitgestel.

Jayde is op 21 April buite ʼn veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer terwyl sy vir ʼn saamrygeleentheid gewag het. Haar liggaam is later naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Wat ‘n wrede daad. Ek het reg vanaf die begin deur net na haar man se lyftaal op fotos wat in die media gepubliseer was, te kyk onraad vermoed en hom uit intuisie met die daad veebind van sover as Texas, in die VSA, en as ‘n oud uniformven speur polisie offisier van die SAPS was, en is ek in die kol. Die saak moet nog net suksesvol in die hof uotspeel.

111 Kingsway
Apt.# F58
Del Rio, Texas, USA, 78840
+1-830-765-6141

Kaptein (Afgetree) Paulus N Antonio ·

Wat ‘n wrede daad. Ek het reg vanaf die begin deur net na haar man se lyftaal op fotos wat in die media gepubliseer was, te kyk onraad vermoed en hom uit intuisie met die daad veebind van sover as Texas, in die VSA, en as ‘n oud uniformven speur polisie offisier van die SAPS was, en is ek in die kol. Die saak moet nog net suksesvol in die hof uitspeel.

111 Kingsway
Apt.# F58
Del Rio, Texas, USA, 78840
+1-830-765-6141

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.