Jayde Panayiotou-moord: Vierde verdagte saam medepligtiges verhoor

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die nuutste verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die huurmoord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jayde Panayiotou (29), het Dinsdag die eerste keer in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Zolani Sibeko, in sy 30’s, is Sondag by sy ouerhuis in Greenbushes in hegtenis geneem. Die polisie-ondersoek het bepaal Sibeko kan deur sy selfoon verbind word aan die huis waar Jayde in April verlede jaar ontvoer is.

Sibeko is die vierde moordverdagte in die saak. Die ander drie verdagtes is Jayde se man, Christopher Panayiotou, Luthando Siyoni en Sizwezakhe Vumazonke. Panayiotou het na bewering Siyoni, ʼn uitsmyter by sy nagklub, betaal om ʼn huurmoordenaar, Vumazonke, te kry om die daad uit te voer.

Sibeko staan tereg op aanklag van sameswering tot moord, roof met verswarende omstandighede, ontvoering, moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Landdros Esti Petzer het aangedui Sibeko se saak gaan na die Port-Elizabeth-hooggeregshof oorgeplaas word sodat hy saam met sy medepligtiges verhoor kan word wanneer dit op 10 Oktober begin.

Die saak is tot Vrydag uitgestel sodat Sibeko se regsverteenwoordiger, wat nie Dinsdag in die hof was nie, teenwoordig kan wees vir die formaliteite.

Lees alle vorige berigte oor Jade Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.