Jayde Panayiotou: ‘Reuse-deurbraak’ gemaak

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Die polisie het bekend gemaak dat hy ʼn “reuse-deurbraak” gemaak het in die ondersoek na die ontvoering en moord op Jayde Panayiotou, die onderwyseres van Port Elizabeth wat verlede Dinsdagoggend verdwyn het.

Die polisie het dié aankondiging op Facebook en Twitter gemaak en gesê daar sal binnekort meer inligting bekend gemaak word. Brig. Marinda Mills en kapt. Sandra Janse van Rensburg, albei polisiewoordvoerders in die Oos-Kaap, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

The Herald in Port Elizabeth het intussen op sy webtuiste berig dat ʼn persoon in hegtenis geneem is.

Dit is in die stadium ook nog nie duidelik of die polisie die nuus tydens ʼn mediakonferensie, in ʼn mediaverklaring of via sosiale media gaan aankondig nie.

Panayiotou se liggaam is verlede week Woensdag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rieks ·

Hoop hierdie moordenaar(s) sit vir baie lank! Dit sal nie berusting bring vir die gesin nie, maar ten minste is die uitvaagsels dan nie meer daar om ander onskuldige mense te moor nie. Dit is nou ook as die polisie nie hierdie dokumente ook “verloor” of die bewys stukke kontamineer nie :-(

Elize ·

Ek hoop dat dit die regte persoon is, en dat hy nie sal borg kry nie, alhoewel daar vroeer berig is dat hy tydens die moord op borgtog uit was. Dit laat my net wonder hoekom sloer dit so om n deurbraak in die bylmoorde te maak, en hoekom is daar nog niemand in hegtenis nie? Speel geld dalk n rol? Vra maar net!

Hannelie ·

Ek is bly!! Wanneer gaan hy (of hulle) weer vrygelaat word? Vinniger as die inhegtenisname?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.