Jayde Panayiotou se man glo vas

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde en haar man Christopher. Foto: Facebook

Die polisie wou nie kommentaar lewer op berigte dat Jayde Panayiotou se man die tweede verdagte is wat in hegtenis geneem is in verband met haar ontvoering en moord nie.

Eyewitness News berig op sy webwerf dat Christopher Panayiotou die 28-jarige verdagte is wat Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof sal verskyn. Brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte se naam sal eers bekend gemaak word wanneer hy klaar in die hof verskyn het.

Die polisie het Donderdagoggend bekend gemaak dat twee verdagtes in verband met die ontvoering van en moord op Panayiotou in hegtenis geneem is. Thando Siyoli (31) het Donderdagoggend vlugtig in die hof verskyn en die saak teen hom is tot 7 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding. Siyoli is vroeër die week in die Kwazakele-township in Port Elizabeth in hegtenis geneem.

Volgens Mills is die 28-jarige verdagte laat Woensdagaand in Uitenhage in hegtenis geneem. Mills het ook gesê roof is uitgesluit as ʼn motief vir die moord. Die Son het Donderdag berig dit was ʼn huurmoord.

Panayiotou se liggaam is verlede Woensdag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

karina ·

Ek het geweet van die 1ste berig toe hul sê hy kom KALM voor by haar moord toneel hy is betrokke…..

Siener ·

Sjoe karina…. plaas jy dan al daai tyd vir die polisie in kennis gestel het dat hy betrokke is. Hoekom tot nou wag dat dit self uitkom?

Nina ·

Ja, Siener….want hier is mos ‘n hele lot ‘wannebe’ speurders op die forum. Hulle weet heel eerste wie wie vermoor het. Klomp patete wat niks hey om met hul tyd te doen, behalwe soos aasvoëls te sit en koukus om die nuutste lyk. Dis siek.

Hoe verskriklik vir hierdie familie om nie net met die vrou se wrede dood te moet deel nie, maar ook nou die wete dat iemand wat al jare deel van hul familie is, se aandeel. Dit is hartseer verby!!

Dominique ·

Ag asb, Siener. Moenie simpel aanmerkings maak nie. Hoe kon sy die polisie vertel? Sou hulle haar glo? Het sy bewyse? Ons almal het lankal vermoed (of geweet) dis haar man. Niks in hierdie hele saak maak sin as dit net ‘n gewone ontvoering en roof en moord was nie. Alles het na hom gedui.

NL ·

My opinie… As Christopher NIE deel was van haar moord nie, sou hy al lankal ‘n verklaring uitgereik het, of die media in ‘n ope brief aangeval het… Hy is egter nog die heeltyd stil… Al het hy ‘n hartroerende brief geskryf en voorgelees op haar begrafnis… Dis maar net my eerlike opinie… Ek hoop reg en geregtigheid geskied in die geval! Sterkte aan die familie en vriende!

x

Gert van der Merwe ·

Stem saam Dave. Ook dan die heropen van Duwani en Oscar verhoore. Ook die twee seuns vat hul ouers vermoor het. Damn die giftige doen en late van die massas in Suid- Afrika het die(mag nie noem nie is nie grondwetlik)……..man so al deurtrek dat ons die selde doen as die massas. Dit het nou onder ons (ongrondwetlike woord) …..mense soos die massas n instelling geword om ons famielies uit te roei. Moet egter my kop in skaamte laat sak dat die witman (oeps woord is uit) hom so onbeskaam en sadisties soos kanibale gedra

Maronel ·

En iemand het met ‘n vorige berig die man verdink. Toe word daar vir haar gesê sy moet ‘n lewe kry. Ek het toe getik ek stem saam met haar. Wys jou net. Nie eers met moord sal jy wegkom nie. Dis reg. Mag geregtigheid nou geskied. Ek het hoeka gesê dit is hy wat vir die vriendin vroeer boodskappe gestuur het. Ek glo sy is vroeer al vermoor…

Eliza-beth ·

Ai dis net sleg… die persoon wat jy liefhet en vertrou mag dalk jou eendag doodmaak. En ek het gedink hy was net geskok oor alles daarom het hy nooit iets gesê nie en sy mooiste huldeblyk aan haar was so treffend. Ek kan dit ampers nie glo nie… Ek stem – mens moet dalk maar jou lewenspolis aan ‘n diereregteorganisasie of kinderhuis bemaak, dalk beskerm dit jou bietjie! Nee jinne, dis vir my baie erg hierdie, ek raak meer en meer elke liewe dag geskok in my medemens. More is ek en manlief al 39 jaar getroud, dankie tog dit was nog nooit nodig om met oopoë te slaap omdat my man dalk my grootste vyand blyk te wees nie.

OP ·

Dis bitter bitter sad.

Ek het nie al die berigte in detail gelees nie maar wat vir my baie vreemd is is as sy gestaan en wag het vir haat vriendin en n vreemde ou kom na haar toe WAT en HOE het hy gemaak om haar van die straat in n kar of watookal te kry om haar te ontvoer. Sy het “self defense” klasse en dinge gegee/gedoen en ons almal bly op ons hoede want ons weet hoe gevaarlik dit kan wees daar buite. Sy sou mos nie net willingly saammet n vreemde ou straat af gewandel het nie.
Tensy ek iets mis, maak dit nie sin nie.
None the less… hierdie arme familie… en so onnodig!!!!

AnnaPatat ·

Nou hoekom het die ontvoerders haar nie na die polisie te geneem en gese dit is wat haar man beplan nie – breinlose goed

Pauline ·

Dit is so verskriklik seer dat sommige mense oral in die wereld liefhebbers van geld is en geen natuurlike geneentheid het wat het die huurmoordenaar verhoed om die SAPS in kennis te stel toe hy genader was om te moor onbeskryflik hartseerlik.

Pauline ·

Dit is onbeskyflik pynlik dat sommige in die wereld liefhebbers van geld is en geen natuurlike geneentheid het die wat het die moordenaar verhoed om die SAPS in kennis te stel toe hy kontak is om te moor

Ellen ·

Mense mense ons almal het hule eie kommentaar,alles wat jule se is waar,maar jule het hom al klaar skuldig bevind en hyt nog nie eers voor die hof gekom nie! Wie weet,dai 3 wat ha ontvoer en doodgemaak het,hoekom het hule nie dadelik na die Polisie toegegaan voor hule haar doodgemaak het en die Polisie alles vertel nie! Hoekom eers wag tot van hule gevang is en sien die blok raak warm toe kamma alles uitgebring het! Hule lees ook koerante en natuurlik besluit om nou alles op Chris te pak en kamma saam die Polisie te werk! Kom ons wag maar en kyk wat gebeur! Die Polisie is BAIE SLIM en SAL we’ll agter die HELE waarheid kom! Sterkte aan Jayde se ouers, suster, Familie en vriende!My hart gan uit vir jule!! XXXX

chris ·

Hy is in n sting vas getrek toe hy die laaste van die beloofde geld aan die drie wat haar ontvoer en dood gemaak het wou betaal. Verseker deel van die gemors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.