Jayde Panayiotou-‘skieter’ in ʼn koma

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens 'n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.

Dit het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth aan die lig gekom waar die saak se voorverhoorverrigtinge sou begin. Die hof het die saak egter uitgestel weens Vumazonke se afwesigheid.

Adv. Marius Stander, die staatsaanklaer, het aan die hof gesê dat Vumazonke in die Livingstone-hospitaal behandel word. Hy het gesê ʼn mediese sertifikaat is nog nie uitgereik nie en die staat wag op ʼn toksikologie-verslag. “Die mediese praktisyn wat [Vumazonke] behandel het, het nie ʼn sertifikaat uitgereik nie omdat hy nie presies kan aandui wat met hom fout is nie,” het Stander gesê.

Hy het gesê Vumazonke is wel onder polisiebewaking.

Christopher Panayiotou, Jayde se man, word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein is agter die ontvoering en moord van sy vrou in April verlede jaar, omdat sy glo ʼn “finansiële las” was. Die staat voer aan hy het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Volgens die staat moes hy Jayde ontvoer en vermoor.

Die staat voer aan Sinethemba Nenembe het Vumazonke bygestaan om die vermeende sluipmoord uit te voer. Zolani Sibeko, ʼn vyfde verdagte, is in Julie in hegtenis geneem en het reeds in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn vir sy beweerde aandeel in die saak.

Siyoni het intussen ʼn art. 204-getuie geword, wat beteken hy is kwytgeskeld van vervolging indien die hof tevrede is dat hy eerlik getuig het.

Die voorverhoorverrigtinge sou verlede maand begin het, maar dit is uitgestel nadat Hannelie Bakker, Vumazonke se regsverteenwoordiger, aan die hof gesê het haar kliënt is siek.

Regter Glenn Goosen het Maandag weer die saak tot 15 September uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

m ·

Hierdie mense het almal die regte dokters. Hier word nou lekker vir tyd gespeel.

NICKEY VAN NIEKERK ·

Dit is darem nou handige komas wat so skierlik verskyn! Wonder of dit nie dalk medies aan gehelp word nie?

OU VERPLEEGSTER

jaco ·

Waarom is ek nie verbaas nie? n Swart man het n wit vrou vermoor, so “obviously, who cares?”

Absoluut ·

Regtig sulke onnodige kommentaar, wees asb realisties, hulle het vir geld gegaan. Ek is ook nie happy oor koma storie, maar ek dink daar is meer agter daai storie, nie noodwendig Vumazonke self nie, maar ….. lekker ryk verbeelding, tog dalk nie te vergesog ne. Hierdie ou het planne gemaak met die vrou vir wie hy lief was, wel as hy so iets beplan vir iemand vir wie hy veronderstel was om lief te wees, kan jy dink wat gaan gebeur met iemand wat nie sy vuilwerk behoorlik uitgesorteer het nie. Advokaat Stander staan asb sterk, ter will van Jayde en vroue.

Lekker rondom ·

Christopher het so oor die tronk gekla, maar hyis lekker rondom vet, hy kry beslis buite kos en goeie behandeling, iets waaroor hy darem nie kan kla om los te kom nie.

KarooKlong ·

Hierdie saak gaan die belastingbetaler weer one million three and sixty hundred four and twenty……… haauw, ……eish,….. its to very plenty for me……….. kos

Wendy ·

You get fat in prison from the pap and bread you eat. And lack of exercise. Not because you get outside food.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.