Jayde Panayiotou-‘skieter’ se saak uitgestel

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA

Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan op die moord van die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is siek en moet ʼn operasie ondergaan.

Dit is Donderdag in die Port Elizabeth-hooggeregshof bekend gemaak in die voorverhoor van Vumazonke, die vermeende skieter, Jayde se man, Christopher Panayiotou, Sinethemba Nenembe, en Zolani Sibeko.

Hannelie Bakker, Vumazonke se regsverteenwoordiger, het aan regter Glenn Goosen gesê haar kliënt is siek en sy selmaat, Nenembe, moes hom vir die afgelope twee weke bystaan. Sy het gesê hoewel Vumazonke mediese behandeling by die St. Albans-gevangenis ontvang het, het sy toestand nie verbeter nie. Sy het versoek dat Vumazonke onmiddellik mediese behandeling ontvang. Hy sal glo na ʼn provinsiale hospitaal geneem word om ʼn operasie te ondergaan. Die aard van sy siekte is nie bekend nie.

Die voorverhoorkonferensie is tot 5 September uitgestel.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein was agter die ontvoering en moord van sy vrou in April verlede jaar, omdat sy glo ʼn “finansiële las” was.

Die staat voer aan hy het Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as ʼn sluipmoordenaar te huur, wat Jayde sou ontvoer en vermoor.

Die staat voer aan Nenembe het Vumazonke bygestaan om die vermeende sluipmoord uit te voer.

Siyoni het intussen ʼn artikel 204-getuie geword, wat beteken hy is kwytgeskeld van vervolging indien die hof tevrede is dat hy eerlik getuig het.

Sibeko, die vyfde verdagte, is in Julie in hegtenis geneem en het reeds in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn vir sy beweerde aandeel in die saak.

Klagtes teen die beskuldigdes sluit in sameswering om moord te pleeg, moord, ontvoering, onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en roof met verswarende omstandighede.

Panayiotou staan ook tereg op ʼn bykomende aanklag van dwarsboming van die gereg.

Die hofsaak sal na verwagting in Oktober begin.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Die staat laat laat erkende moordenaars in die publiek vry met hul staatsgetuie-aanbiedinge. Bret Kebble se moordenaar is die vrypas gegee sonder veel wins vir die staat en die Panayiotou-saak is ‘n opvolg daarvan.

jaco ·

hy is swart en sy slagoffer was wit. so dis ok. saak kan maar uitgestel word. ons rassistiese anti-wit regstelsel sal seker ook nog dink dis ok, dis een wit mens minder.
Ek dink ook dis hoekom Oscar net 6 jaar vir moord gekry het: Reeva is wit, so dis nie n verlies nie. dis net een wit mens minder.
En voor almal my kruisig: dis nie EK wat so dink nie. Eks maar net redelik seker daarvan dat ons regstelsel so dink. Ek het BAIE ander gevalle wat my idees amper bewys.

Irene ·

Hy was siek toe hy haar laat vermoor het. Laat hy maar siek wees niemand kry hom jammer nie.

Rapes ·

Irene ek dink jy’s te vinnig. Gee kans dat hy gesond word en dan sy staf ten volle kan uitdien. As hy bv. vroeër sterf dan was sy straf ligter.

KarooKlong ·

Irene, ek voel ook soos jy maar ek dink Rapes het ‘n goeie punt beet.

Margi ·

Hulle se mos… As jy jou vrou wil vermoor, kom SA toe – jy kom weg daarmee!

Rina Vermeulen ·

Moulder ek stem saam met jou al lankal so gedink maar kom ons wag en sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.