Jayde se man gaan vra vir borgtog

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou (28), die man van die vermoorde onderwyser van Port Elizabeth, Jayde, gaan aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word.

Panayiotou se regsverteenwoordiger, Alwyn Griebenow, het Maandag bevestig hy sal die borgtogaansoek namens sy kliënt indien. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle sal die aansoek teenstaan.

Panayiotou is een van drie verdagtes wat in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem is. Klagtes van sameswering tot moord, moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede is teen hom aanhangig gemaak. Panayiotou, wat glo die meesterbrein agter die moord is, is onder 24 uur-bewaking omdat beamptes vrees hy sal homself om die lewe probeer bring.

Panayiotou is tans in aanhouding in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Jayde Panayiotou op Maroela Media.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marin ·

Ek hoop REGTIG nie hulle gaan borgtog vir daardie @@@@@@ gee nie.

Asjas ·

Ek dink hy is veiliger net waar hy is, maar dan weer ek sal ook eerder selfmoord pleeg as om mense ooit weer in die oe te kyk na wat hy aangevang het …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.