Jayde se man lewer roerende huldeblyk

Christopher en Jayde Panayiotou. Foto: Facebook

Christopher en Jayde Panayiotou. Foto: Facebook

“Jayde is nie weg nie; sy is oral.” Só het Christopher Panayiotou hulde gebring aan sy vrou Jayde, wie se liggaam verlede week gevind is kort nadat sy verdwyn het.

“Jayde woon in die wind soos ‘n natuurlike krag. Sy kan gesien word in die bloeisels; sy is die geel in affodille, haar gunstelingblom. Sy is die kruin van elke brekende golf, sy is die vrugbare grond; sy is die blywende kooltjies in die vuur.” Christopher het die toespraak gemaak tydens Jayde se begrafnisdiens by die Mater Dei katolieke kerk in Port Elizabeth.

“Aan my bruid, my vrou, my beste vriendin en liefde van my lewe, woorde ontgaan my. Jy was die sout in my see, die sterre in my hemelruim en my sand op die grond. Jy was nog altyd pragtig in my oë. Jy het ʼn glans uitgestraal wat my asem weggeslaan het; jou glans het oor alles en almal rondom jou geskyn sodat hulle suiwerder en meer pragtig as ooit was.”

Panayiotou het gesê dit was ʼn eer dat Jayde hom as haar man gekies het. “Ek het uitgesien na ʼn lewe waar ons elke dag sou werk om die beste in mekaar uit te bring. Ons het die potensiaal gehad om vol en vervullende lewens te lei, om ʼn positiewe invloed op almal rondom ons te wees.”

Panayiotou het Jayde beskryf as die wonderlikste vrou wat hy nog ooit geken het. “Ek was geëerd om die afgelope 11 jaar saam met haar te wees en ek is verbyster deur haar skielike heengaan. Sy het my die gelukkigste man in die wêreld gemaak en ek kon nog nooit uitwerk hoekom sy haar hart vir my gegee het nie.”

Volgens Panayiotou was Jayde ʼn “diep” mens. “Jayde het dikwels in trane by die huis aangekom omdat sy net elke kind en dier wat op haar pad gekom het, wou red. Oor die afgelope 11 jaar wat ons saam was, het ek ʼn diepgaande liefde en respek vir haar familie, wat my eie geword het, gekry.”

Panayiotou het almal bedank wat Jayde se lewe gevier het. “Vandag moet nie ʼn dag van hartseer wees nie, hoewel haar heengaan werklik tragies is. Dit moet ʼn viering wees van die lewe van een van God se beste skeppings.”

Panayiotou se liggaam is verlede week Woensdag in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik verlede Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

paul ·

Rus sag dame.Jou liefde vir jou man en almal rondom jou sal nooit vergeet word nie.

Francis Linstrom ·

Hoop almal wat hul monde vol gehad het oor waar haar man was, is nou tevrede. Mag die gesin/geliefdes berusting vind. My innige meegevoel.

Nina ·

Ditto, Francis. Want aasvoëls gun die man nie eens kans om hierdie lieflike vrou van hom, se skielike wegruk te rou nie. Hoe verskriklik.

Weereens ook my innige meegevoel aan elkeen in hierdie vrou se lewe wat nou sonder haar moet klaarkom. Dis ongelooflik hartseer.

SNEL ·

Ja, ek stem. Hy het seer gehad en baie het op hom getrap.
Mens se hart is so seer as mens sulke wrede goed lees, so n pragtige jong vrou, nou van haar man, familie en vriende weggeruk. Sy kon kon nog n vol lewe geleef het. Sinnelose daad om n hulpelose vrou te vermoor, hy/hulle kon haar net langs die pad gelos het. Sterkte aan julle almal.

Adoons ·

Wonder sommer net waarom haar man dan in hegtenis geneem is?? Dalk toe nie so lief vir haar gewees nie?

tanya ·

Gemors..hys vals man..hyt niks gedink van sy vrou ni..deur 80000 te betaal om har te vermoor..was har lewe dit werd..sies ek hoop hul martel hom in die tronk x

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.