Jayde se man vra vir borgtog

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou in die Port Elizabeth-landdroshof. Foto: Twitter

Christopher Panayiotou (28), die man van die vermoorde onderwyser van Port Elizabeth, Jayde, gaan aansoek doen om op borgtog vrygelaat te word.

Panayiotou se regsverteenwoordiger, Alwyn Griebenow, het vroeër bevestig hy sal Donderdag die borgtogaansoek namens sy kliënt indien. Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle sal die aansoek teenstaan.

Panayiotou is een van drie verdagtes wat in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem is. Klagtes van sameswering tot moord, moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede is teen hom aanhangig gemaak.

Panayiotou, wat glo die meesterbrein agter die moord is, is onder 24 uur-bewaking omdat beamptes vrees hy sal hom om die lewe probeer bring. Hy is tans in aanhouding in die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth.

Panayiotou moet ook weer op 19 Junie saam met die ander twee verdagtes in die saak in die hof verskyn.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

faith ·

Asb nie, hy het geen genade gehad vir sy vrou nie hoekom moet hy buite rondloop om te verdwyn, hy verdien erger as wat hy aan sy vrou en haar familie gedoen het. hoop hy kry nie bail nie.

Issabelle ·

Ek stem saam …. hierdie man hoort in die tronk saam met geharde misdadigers !!! Ek hoop nie hy kry borg nie , hy moet ” suffer ” in die selle soos sy vrou ” gesuffer ” het met die moord !! Dit is uiters skokkend, tragies & hartseer hoe hierdie pragtige vrou vermoor is !!! Vuilgoed …. geen simpatie ,,,

anet ·

Ek stem saam met Faith. Geen borgtog vir hom nie asseblief. Hy is skuldig aan beplande moord, koud, en harteloos.

CJAN ·

SLUIT HOM TOE EN GOOI DIE SLEUTEL WEG BINNE IN DIE VERSTE SEE!! SIT MOET HY SIT!!

Theresa ·

Ek hoop regtig nie hy kry dit reg nie……………….????!!!!

anet ·

Ek volg die borg aansoek. Die rede hoekom hy aansoek doen om borgtog is dat die aanhoudingselle glo “dispicable and disgusting” is. Volgens my mening kry hy net wat hy verdien, of verwag hy vyfster behandeling? Jy moet maar vrot en aangerand word daar in die selle. Ek het geen simpatie, of empatie met jou nie. Jy is niemand se respek waardig nie

Issabelle ·

Ek stem saam met julle …. hy HET net aan homself gedink & nog te meer oor geld ….. was hy bang die storie kom uit oor hy ‘n skelm verhouding ook nog gehad het … Hoe selfsugtig kan hy net nie wees nie …. nee wat boet ,,,, help nie nou om oor die omstandighede in selle te praat nie , jy MOES gedink het …… sit maar broer sit tot in ewigheid !!!!

pop ·

Kan jy nou meer. Dat hy die woorde dispicable en disgusting oor sy lippe kan laat kom. En wat mnr Christopher noem jy koeelwonde en n lykshuis en n gat in die grond, waar jou pragtige vrou deur jou toedoen beland het. Eks seker daarvan sy sou nou plekke met jou wou ruil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.