
Moordbeskuldigde Christopher Panayiotou tydens ‘n vorige verskyning in die Port Elizabeth-hooggeregshof saam met sy twee medebeskuldigdes, Sizwezakhe Vumazonke (middel) en Sinethemba Nenembe (26 Julie 2016) Foto: Raahil Sain/ANA
Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die skoot afgetrek het in die moord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jade Panayiotou, is Woensdag in die hospitaal dood.
Maroela Media het vroeër berig Sizwezakhe Vumazonke, een van die vier verdagtes wat tereg staan vir die moord op Panayiotou, is in ʼn koma nadat hy verlede maand in die hospitaal opgeneem is.
Volgens gerugte vroeër vandeesweek is Vumazonke dalk onder polisiebewaking vergiftig by die Livingstone-hospitaal.
Michelle Blignaut, Vumazonke se prokureur, het gesê sy het al Vumazonke se familie van sy dood in kennis gestel.
Christopher Panayiotou, Jayde se man, word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein is agter die ontvoering en moord op sy vrou in April verlede jaar, omdat sy glo ʼn “finansiële las” was. Die staat voer aan hy het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Volgens die staat moes hy Jayde ontvoer en vermoor.
Siyoni het intussen ʼn art. 204-getuie geword, wat beteken hy is kwytgeskeld van vervolging indien die hof tevrede is dat hy eerlik getuig het.
In die polisie-ondersoek na die beskuldigdes se selfoongebruik, is vasgestel ʼn vyfde beskuldigde, Zolani Sibeko, saam met Sinethemba, Nenembe en Vumazonke by Jayde se Stellen Glenn-kompleks in Kabegapark was vyf dae voor die moord.
Voorverhoorverrigtinge sal na verwagting op 15 September hervat word.
Lees alle vorige berigte van Christopher Panayiotou hier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Karma verloor nie ‘n adres nie, net jammer die meesterbrein agter die moord gaan nou al hoe beter lyk sonder getuies.
Hoe gerieflik. Wie is volgende? Hierdie ou gaan niks oorkom nie want daar gaan geen getuies wees nie………………..
Jip, kyk hoe gaan al die blaam op hom geplaas word in die hof. Ek hoop die getuienis is sterk genoeg om die saak te maak werk.
Hoe kry ek dan nou so ‘n mafia gevoel?
Chritopher Panayiotou kan nou seker ook verantwoordelik gehou word vir die moordenaar se dood?
En die skuld gaan nou alles op die oorledene gepak word, hy kan mos nie meer praat nie.