Jayde ‘skieter’ geskuif ná Facebook-beweringe

Sizwezakhe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

Sizwe Vumazonke in die hof. Foto: Twitter

Sizwe Vumazonke, die man wat daarvan beskuldig word dat hy Jayde Panayiotou doodgeskiet het, sal voortaan in isolasie aangehou word ná bewerings dat hy aktief is op sosiale media.

Mandla Jam, kommissaris van die St. Albans-gevangenis in Port Elizabeth, het aan Maroela Media gesê Vumazonke se sel, sowel as twee aangrensende selle, is Donderdagmiddag deurgesoek en dat daar geen selfone gevind is nie. Volgens Jam het hy besluit om Vumazonke wel voortaan in isolasie aan te hou te midde van die bewerings.

Dit kom nadat verskeie media-instansies vroeër Donderdag berig het dat Vumazonke, of iemand met toegang tot sy Facebook-profiel, aktief is op die sosiale media-netwerk. Die profiel is Donderdagmiddag verwyder. Daar is ook vroeër vanjaar berig dat daar foto’s op Vumazonke se Facebook-blad verskyn het waar hy in ʼn oranje oorpak poseer met ʼn sonbril op.

Vumazonke was uit op borgtog toe hy in hegtenis geneem is in verband met die moord op Jayde.

Christopher Panayiotou, Jayde se man, word daarvan beskuldig dat hy Luthando Siyoli glo betaal het om die huurmoord op sy vrou te reël. Siyoli het as uitsmyter gewerk by ʼn nagklub wat Panayiotou besit.

Siyoli het Vumazonke glo genader om die moord te pleeg. Panayiotou het na bewering R70 000 vir die moord betaal, waarvan Vumazonke R40 000 ontvang het en Siyoli R30 000.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.