Jayde was ‘baie eensaam’

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

ʼn Ballistiese kenner het in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig Jayde Panayioutou is drie keer geskiet, twee keer in die rug en in die kop.

Kapt. Gideon Olivier het getuig die eerste skoot is in Jayde se rug in en by haar bors uit, terwyl die tweede skoot haar rugstring getref het. Dr. Kevin Fourie het vroeër getuig die tweede skoot sou tot gevolg gehad het dat Jayde verlam was en geval het.

Volgens Olivier was daar ʼn ingangswond aan die linkerkant van Jayde se kop en ʼn uitgangswond aan die regterkant en was “dit definitief” die laaste skoot. Olivier meen die skieter het gestaan toe die finale skoot afgevuur is.

“Die laaste skoot is afgevuur terwyl die oorledene op die grond gelê het. Die skieter het aan haar linkerkant gestaan en haar deur die kop geskiet.”

Jayde se familie en ondersteuners was nie in die hof toe Olivier getuig het nie.

Cherise Swanepoel, Jayde se vriendin en kollega, het ook weer Dinsdag getuig. Sy het gesê Jayde was baie eensaam het talle aande vir haar man Christopher gesit en wag om huis toe te kom.

“Ek dink Jayde was gefrustreerd en nie 100% gelukkig nie. Sy was baie baie lief vir Chris. Sy het daagliks vir my stemboodskappe gestuur dat sy eensaam is en dat Chris nie tyd vir haar gemaak het nie en altyd gewerk het.”

Volgens Swanepoel het sy een keer vir Christopher gesê hy moet eerder tyd saam met Jayde spandeer vir haar verjaarsdag as om vir haar ʼn geskenk te koop. Swanepoel het vir Jayde van die gesprek vertel waarna Jayde glo in trane uitgebars het.

Panayiotou word daarvan beskuldig dat hy die meesterbrein agter Jayde se ontvoering en moord is. Die staat voer aan hy het Luthando Siyoni, ʼn uitsmyter by sy Infinity-nagklub, betaal om Vumazonke as sluipmoordenaar te huur. Sizwezakhe Vumazonke is glo deur Sinethemba Nenembe bygestaan om die ontvoering en moord uit te voer. Sibeko is in Julie vanjaar in hegtenis geneem nadat hy deur sy selfoon verbind is met die saak. Hy was glo saam met Nenembe en Vumazonke by die kompleks waar Jayde ontvoer is. Siyoni het intussen staatsgetuie geword. Vumazonke is verlede maand dood.

Lees alle vorige berigte oor Christopher Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Henry Viviers ·

Laat alle moordenaar op dieselfde wyse sterf as wat hulle die moord gepleeg het, dan sal ons sien vir hoe lank nog sal moorde gepleeg word. ‘n Oog vir ‘n oog!

Kosbaar ·

Dankie liewe vriendin dat jy bereid is om die waarheid te deel en jou man moet staan teen die veelbesproke verdediging, dit is hartbrekend dat hy tyd vir Chanelle gehad het, maar nie vir sy vrou & Stander hierdie getuienis dra by tot Jayde se moord, te veel het hom die regte pad volgens huweliksbeloftes gewys en die arme onskuldige nikswetende Jayde het die prys vir sy wellus betaal, skei was so maklik!

Louise E ·

Nee Kosbaar, skei is nie maklik vir geldgiere mense nie. Sal eerder iemand laat dood maak as bietjie armer deur die lewe gaan. Pateties van die man, as jy my vra!

Hannes ·

Ja sy is een van die 48 Staatsgetuies wat geroep gaan word. Die bouncer wat bettokke was by die moord is ‘n skedule 204 Staatsgetuie (maw was deel vd moord maar getuig vir Staat in hoop op verligting van straf

Lizanda ·

Doodstraf – dit is al woord wat ek aan kan dink om hierdie lafhartige, sinnelose moord mee te straf.

charlene ·

Ek is bly die familie het was nie in die hof met Olivier se verslag nie, dit ruk my, en dit maak seer.. en ek het haar nie geken nie. Dit sal 1000keer erger wees vir haar familie. Sy was `n ongelooflike mooi vrou wat lief geraak het vir die verkeerde man. Ek hoop Channell se gewete vreet haar op! Sy is deels die oorsaak dat Jayde dood is. Mens los getroude mans uit! En ek hoop haar man spandeer die res van sy lewe in die tronk alleen!

SNEL ·

Weet iemand hoe lank was hulle getroud voordat die slegte ding gebeur het?

Stem saam met M en Charlene. Sy was n pragtige vrou, ken haar nie eers, maar mens kry sommer seer in jou binneste as mens lees hoe alleen sy was. Jammer dat sy so verkeerde man getrou het. Sy lyk so saggeaard, vriendelik en of sy almal sal help en gelukkig wil hou waar sy kan en hy steel haar lewe van haar af en steel haar van haar familie en ouers. My hart is seer vir haar en haar familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.