Die kis en beendere van oudgenl. JBM Hertzog word moontlik vermis nadat sy graf die afgelope naweek gruwelik geskend is. Die polisie in Mpumalanga volg nou alle leidrade op.
Hertzog was ʼn Suid-Afrikaanse staatsman en generaal en die Suid-Afrikaanse regeringshoof wat die langste gedien het. Hy was eerste minister van die Unie van Suid-Afrika en het ʼn groot rol in die politieke ontwikkeling van die Afrikaner gespeel.
Basie Hertzog, ʼn kleinkind van die bekende staatsman, sê hulle het die afgelope naweek op die beskadigde graf in die kerkhof op die familie se plaas buite eMalahleni in Mpumalanga afgekom nadat bure hulle van verdagte bedrywighede daar ingelig het.
Dit lyk of die boewe ʼn graafmasjien gebruik het om die graf oop te grawe. Na verneem word, het die polisie reeds die eienaar van dié masjien opgespoor en sal die persoon wat dit gehuur het, nou nagespoor word.
Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê niemand is egter nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van grafskending word ondersoek.
“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die graf oopgegrawe en die beendere en kis daaruit verwyder is. Die kis se handvatsels is wel in die graf opgemerk,” het Mdhluli gesê.
Volgens Hertzog sal hulle so gou moontlik met die herstel van die kerkhof en graf begin. Hulle neem in dié stadium leiding van die polisie oor wanneer met restourasiewerk begin sal kan word. Hy het gesê verskeie organisasie het ook reeds aangebied om met herstelwerk te help.
Die motief vir die skending vorm deel van die polisieondersoek. Dit is moontlik dat die boewe gedink het waardevolle items is ook in die graf begrawe.
Bykomende bron: Wikipedia
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Boewe – ek dink eerder dis sommer net om apsris te wees. Ons is mos nou in die maand van Monument Oudit by Afriforum – ek hoop hulle kan hulp aanbied vir die familie. Sommer met die ondersoek. Huidige stand van sake is mos nie genoegsaam nie, nou het hulle nog geen sentiment of waarde aan die oorledene of sy familie nie. Dis tog so jammer! Ek hoop van harte die aanspreeklikes kry wat hulle toekom. Nevermind die doodskis-2, hulle kan maar op dieselfde meriete behandel word as ‘n spotting so ver gevat kan word.. Wraggies.
Tot ons dooie voorvaders word nie in rus gelaat Dis net om die boere op te werk en te verneder
Wat ek nooit kan verstaan nie is dat as bepaalde volke hul voorouers aanbid en glo dat hulle nog in die huidige daaglikse lewe kan inmeng, dat ga jy tog wraggies nie grafte skend en veral nie moorde pleeg nie, die vermoorde gaan jou mos bydam vanuit waar hy heengegaan het.
Jy is nie eers veilig in jou eie doodskis nie.
Hartseer dat die dooies nie met rus gelaat kan word nie. Kan net dink hoe ontsteld die familie moet wees.