Jeff Radebe praat oor 25 jaar as minister

Voormalige minister Jeff Radebe. (Argieffoto: GCIS)

Jeff Radebe, die voormalige kabinetsminister wat Woensdagaand nie in die nuwe kabinet ingesluit is toe pres. Cyril Ramaphosa sy effens kleiner kabinet aangekondig het nie, het Donderdag gesê dit was die grootste eer om onder vyf presidente te dien sedert die aanvang van die demokratiese bedeling in Suid-Afrika.

Radebe het die afgelope 25 jaar nie minder nie as sewe keer in ʼn kabinet gedien waartydens hy onder meer betrokke was by die departement van openbare werke, openbare ondernemings, gesondheid, justisie en grondwetlike ontwikkeling asook energie.

“Daar is geen groter eer nie as om deur vyf presidente sedert die begin van die demokratiese bedeling vertrou te word om my land en die mense van Suid-Afrika te dien,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Volgens Radebe is hy trots op dít wat hy oor die jare bereik het asook dit wat hy tot die regering bygedra het. “Die hoogtepunte en laagtepunte van die politieke lewe hou my op ’n goeie plek vir die pad vorentoe.”

Radebe het Ramaphosa daarvoor bedank dat hy die departement van energie aan hom toevertrou het. Dié portefeulje was Radebe se laaste voordat Ramaphosa sy kleiner kabinet aangekondig het.

“Vyf en twintig jaar in die regering het tyd weg van my geliefdes en ʼn besige program beteken. Die dag toe ek die belofte gemaak het om die ANC te dien, was die begin van ʼn lewenslange verbintenis tot hierdie land asook opofferings ten koste van my familie,” het Radebe gesê.

Die voormalige minister sien nou daarna uit om tyd saam met sy familie deur te bring asook nuwe geleenthede aan te gryp, vertel hy.

Radebe is Ramaphosa se swaer. Radebe is getroud met Bridgette, Ramaphosa se vrou, dr. Tshepo Motsepe, se suster.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frikkie Geld en huis

Jammer dat Jeff-T uitgelaat is, want hy was altyd ‘n gure karakter in vergelyking met die meeste ander in die kabinet.

SjN

En wat sê die scorecard?

Ep

En hy het sy oë toegemaak met al die korrupsie Lekkerrrr ou grote lyk my dit het warm geword vir jou?

Johanna Botha

25 jaar se verval …kyk net waar sit ons nou …27% werkloos en verder is die infrastuktuur in n groot gemors …potholes oral geen krag en nou dreig n water krisis ook …dankie Jeff well done man !

Anoniem

Aftreetyd – genoeg blink gebêre