Jeffreys-egpaar dood in huis aangetref

Dirk en Madelaine du Toit. Foto: Via Facebook

ʼn Man van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap het Donderdag glo sy vrou doodgeskiet voor hy homself om die lewe gebring het.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is omstreeks 10:00 na die egpaar se huis in Tunnystraat ontbied waar hulle op ʼn “tragiese toneel” afgekom het.

“Die polisie het op die liggame van ʼn getroude man en vrou afgekom. Albei het ʼn skietwond aan die kop opgedoen,” het sy gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn .38-rewolwer wat op die toneel gevind is.

Die oorledenes is as Madelaine (44) en Dirk du Toit (59) geïdentifiseer nadat hul naasbestaandes hulle Vrydagoggend amptelik uitgeken het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ook ʼn geregtelike doodsondersoek.

Volgens Swart het Dirk voor die voorval kontak met ʼn vriend gemaak om vir hom te laat weet om die polisie te ontbied en waar om die sleutels van die huis te kry.

Die motief vir die voorval is onbekend en word ondersoek.

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem die egpaar was vervreemd en glo aan’t skei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Lafaard ·

Watse lafaarde doen sulke dinge? As jy wil gaan los die ander uit.

**anoniem** ·

@Lafaard, dink hierdie is meer ‘n geval van “as ek jou nie kan kry nie, gaan niemand jou kry nie”. Jaloesie het al menigde se lewens verwoes. Sterkte aan die naasbestaandes.

Lynette. ·

Annoniem. Ek dink jy is reg….beslis psigopatiese tekens….die tyd wat die een in die verhouding met n psigopaat hom wil verlaat, is die HEEL GEVAARLIKSTE TYD, want dan voel die psigopaat dat hy sy BEHEER oor daardie persoon verloor, rn n psigopaat kan dit NIE HANTEER nie….

White Rhino ·

Stem saam.
Hoop nie daar was kinders nie – sal hulle baie jammer kry.

Lynette ·

White Rhino. Daar IS kinders – drie pragtige dogters en een seun….

Katinka ·

Die ergste was die oom wat vir sy vrou ‘n getuigskrif geskryf het na hy haar met ‘n hamer doodgeslaan het. Lyk vir my as armoede by die voordeur instap, stap liefde regtig by die agterdeur uit. Hopelik het meeste mans goeie geestelike fondamente en waardes want ons gaan alles verloor.

Nettie ·

Ja …… @Lafaard, **anoniem** & Andre – maklik om te kritiseer as mens nie self in daardie persoon se skoene staan of die persoonlike omstandighede ken nie.

Toon tog bietjie respek en gee eerder simpatie, as kritiek en snydende aanmerkings, aan die twee mense se kinders, familie en vriende?

**anoniem** ·

@Nettie, ek kritiseer hoegenaamd nie, maar as jy die berig lees sal jy sien die partye was vervreem en in die middel van ‘n egskeidingsgeding. Dit was bloot ‘n observasie!! En terloops… as jy mooi kyk en lees sal jy sien ek het my medelye betoon! Klim van jou perdjie af asseblief!!

Albaster ·

@Nettie, eks bekommerd oor jou, of eerder die rondom jou. Dink jy dit kan geregverdig word op enige manier?

Nettie ·

@**anonym** – “Jaloesie het al menigde (dit moes seker maar ‘menige’ wees) lewens verwoes” klink vir my na kritiek.

Nou ja, ek sal altyd die eerste wees om te sê ek is verkeerd as ek verkeerd was; dus – jammer, jou laaste sin het ek nie opgemerk nie.

En laastens, jammer – ek was nie op my perdjie gespring oor julle kommentare nie (ek ken julle immers nie om dit te kan doen nie) en jy het my nog nie gehóór as ek wel die dag op my perdjie spring nie!

**anoniem** ·

@Nettie, Ai tog, daai sin “jaloesie het al menigde se lewens verwoes” is ‘n observasie! Het al sulke gevalle gesien en baie daarvan gehoor! Kyk, niemand weet wat werlik gebeur het nie, maar niemand kan my weerhou daarvan om my opinie te lewer nie! Ek hoop hulle siele rus in vrede en bid vir vertroosting vir die kinders, kleinkinders, familie en vriende!

Bok ·

Dit is wonderlik wanneer jy mense se gedagtes kan lees. Kan hulle dan ook hulle gedagte verander om die regte ding ook te doen.
Dan sal daar ook nie so baie moorde wees nie.

jean ·

Wat gaan aan in mense se harte vandag in die wêreld?…….Alles raak eenvoudig net te veel……Bid vir die wat lief was vir hulle

Tanzie ·

Dit verbaas my elke keer om te sien hoeveel speurders en ondersoekers ons op MM het. Sommige mense verstom my regtig. Hulle kom nie eers naby die toneel nie, bly nie eers in dieselfde dorp nie, maar weet presies wat gebeur het of wat die motief was. Sommige mense het ook geen respek vir die dood nie. Hoegenaamd nie. Sterkte aan die familie.

Liewe Heksie ·

Dit gebeur nou al hoe meer, almal het een of ander probleem en speel dan God om sy kind, vrou of wie ook al dood te skiet en dan selfmoord te pleeg. Ek kan nie dit nie verstaan nie, as jy dan so desperaat is om selfmoord te pleeg, wie gee jou die reg om te besluit dit is ook die ander persoon se tyd.

Ena ·

Ons het nie saam hulle gelewe om te kan praat nie. Ek was amper ook op daardie “collilition course” to ek die dag skei en alles verloor. Maar dan staan jy weer op en begin van voor.
Dis baie hartseer. Een van die partye het ongevraagd n hoë prys betaal.

Nettie ·

@TS – oor die selfsug van die daad, dáároor stry ek nie. Ek sê ook: as die lewe vir jou te veel raak, haal jouself uit, maar los ander mense sodat hulle kan bly lewe.

My opmerking aan **anoniem**, Andre & Lafaard hierbo, was omdat hulle die mense kritiseer … of dan ten minste disrespekvol van afgestorwenes praat. Die mense het ‘n gesin, familie en vriende (gehad) wat in rou gedompel is.

Hoe hard, gevoelloos selfs, het ons nie geword nie …..

Gesiggie ·

Selfmoord in ons Land word elke dag net erger… die Lewe van vandag laat mense dinge doen- ek wens altyd so dat daar vir so n persoon betyds hulp kan wees.. vir iemand om so n besluit te neem moet baie erg wees, veral as hy eers sy vrou en dan homself skiet… ons sal nie weet wat die omstandighede was… kan net Bid vir die Familie wat deur al die seer moet gaan, dit is altyd erger as twee mense saam dood moet gaan want nou verloor die kinders( as daar was) altwee hul ouers. .> baie hartseer

Pop ·

Geen een mag God se werk vir Hom wil doen nie. Net Hy weet wanneer dit nou tyd is. Om n ander dood te maak is pleinweg moord. Sorry , marr dit hoe dit is. En dan om straf vry te spring op aarde pleeg jy selfdood. Wat altyd selfmoord was. Nou word woorde al verander om die mensdom te verskoon. As ek alles wat deesdae aangaan so kyk sal die Heer se genade baie groot moet wees.

AmY ·

Dis tragies, en ons sal dit nooit verstaan nie. Waarom het hy nie net homself geskiet nie?
Waarom sy vrou ook?
Die berig noem niks van kinders nie?

Poppie ·

Hy het 3 of 4 pragtige dogters gehad. O.a. n tweeling. En n seun. Hulle was al vir omtrent n jaar vervreem van mekaar. Sy 2de huwelik gewees. Ek weet want ek bly in Jeffreys.

TDW ·

Ek vertel iemand net nou die dag dat daar ewe skielik so baie moord-selfmoorde gebeur en ek wonder of dit moontlik is dat die polisie besluit het om moorde wat gepleeg word deur inbrake toe te smeer as moord-selfmoorde om nie die (wit)mense paniekerig te maak nie. In die verlede het dit verseker al gebeur, maar as ek nou reg tel is hierdie een die 6de een in ‘n baie kort tyd.

Alida ·

Wat ondersoek die polisie? Dit is tog voor die hand liggend wat gebeur het. Ai tog.

Theo ·

Alle onnatuurlike sterftes moet in terme van wetgewing ondersoek word dws alle sterftes deur wind, water, vuur, geweld en ongelukke ens.

Hartseer ·

Ja daar was kinders….. en klein kinders.
Ons kan net bid vir Goddelike vertroosting en berusting vir die familie wat agter bly.

Israel ·

Dit is ongelukkig wat gebeur as jy in n land woon waar die moraal van mense op n baie laagtepunt is ,53 moorde n dag is nie n grap nie,en dan nog ander misdaad wat hoogty vier, mense draai teen mekaar en veg vir oorlewing, woede en depressie tree in , geld speel soms n groot rol, dandink die mense nie rasioneel nie ,dis nie so maklik nie ,moet maar nie oordeel nie,ek is jammer vir die familie , sterkte

DOM ·

sjoe hier is weer baie slim mense wat als weet ! gaan so bietjie buitentoe !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.