Jenna verloor haar stryd

Jenna Lowe. Foto: Facebook

Jenna Lowe. Foto: Facebook

Jenna Lowe (20), die meisie wat duisende mense aangespoor het om orgaanskenkers te word, is Maandag oorlede.

Lowe het aan pulmonêre hipertensie, ’n seldsame longsiekte, gely. Dit is drie jaar terug by haar gediagnoseer.

Lowe het mense met behulp van die veldtog, Get Me to 21, aangemoedig om orgaanskenkers te word.

Sy is in September 2014 bekroon met die aktieweburgery-toekenning van ’n Lead SA-jeugheld. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Lowe ook besoek en haar geluk en voorspoed toegewens met haar bewusmakingsveldtog oor orgaanskenking.

Lowe het in Desember ’n dubbele longoorplanting gekry. Sy is ná ’n maande lange hersteltydperk in die waakeenheid oorlede.

Boodskappe van medelye stroom intussen in op Lowe se ma, Gabi, se Facebook-blad sowel as die Get me to 21-groep.

Besoek www.getmeto21.com vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Theresa ·

Dis baie hartseer. Wat kan mens nou sê. Die leë woorde van – Sterkte vir haar familie. Maar ek hoop dat julle vertroos mag word met die mooi wat sy ook agtergelaat het.

Theresa R ·

Ek voel opreg dankbaar vandag. My dogtertjie, Leonique, lei aan dieselfde siekte, en die medikasie is buitensporig duur veral as jy nie medies het nie. Elke dag is letterlik ‘n geskenk. Elke minuut, elke asemhaling is ‘n wonderwerk. Ek is dankbaar die Here het my goed genoeg ge-ag om hierdie pad met hierdie spesiale mens en uiters raak siekte te deel.

Elfie ·

Sy het beslis nie verniet gelewe nie. Sy laat ‘n wonderlike nalatenskap deur mense van orgaanskenking bewus te maak – ek hoop dat meer mense hieroor sal nadink – jou dood kan ‘n ander se lewe red. Sterkte aan haar familie en vriende, sy blyk ‘n pragtige mens te gewees het.

CHRISTA ·

Ek glo dis vir haar familie baie swaar om haar te verloor, maar ek dink as hulle ‘n keuse gehad het sou hulle haar nie meer so wou sien ly nie. Mag die liewe HERE julle elke dag dra. Sy gehade en liefde is vir julle genoeg!!!

johan ·

Innige simpatie aan die familie weet net sy is by n beter plek Die Heer het sy mooiste blom gepluk ek glo Hy Sal julle vertroos

Magda Blom ·

Hou haar geliefdes asb styf vas, hierdie pragtige jong mens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.