Jeremy Clarkson se nuwe program in SA verfilm

James May, Jeremy Clarkson en Richard Hammond (The Grand Tour)

James May, Jeremy Clarkson en Richard Hammond (The Grand Tour)

Jeremy Clarkson het Donderdag bekend gemaak dat die verfilming van sy nuwe program saam met Richard Hammond en James May in Suid-Afrika sal begin.

“Hier is ons nou. Die eerste stilhouplek vir ons Grand Tour is in Johannesburg,” het Clarkson op Twitter bevestig. Die drie sal in die middel van Julie in Johannesburg met verfilming begin. “Besonderhede oor kaartjies sal binnekort bekend gemaak word.”

Die Grand Tour sal op Amazon Prime uitgesaai word. Die drie motorkenners sal dwarsoor die wêreld reis om episodes van die program te verfilm.

Amazon het ‘n kompetisie waar hulle gratis kaartjies na die Johannesburg-ateljee (of glo “reusagtige tent”) weggee. Persone kan inskryf vir die kompetisie deur ʼn foto op Twitter te publiseer met #TheGrandTourJoburg van die vreemdste plek waar hulle al ooit ʼn tent opgeslaan het. Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie. Reis en akkommodasie is ook by die prys ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

cobusp ·

Net asseblief seker maak die regiseur het genoeg steak op die back burner vir jeremy vir middag ete Anders………….

Arno ·

cobusp, Ek dink nie hy gaan hier goed af kom as hy daai een hier probeer nie, veral is dit ‘n boerre man is wat daai vleis maak nie ;)

cobusp ·

Ja Arno stem saam hier slaan ons terug………..snaaks hoe n stuk steak soveel omwentelinge ver oorsaak het……sommer nou 2 flop gear programme…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.