Jeremy Clarkson wel deel van Top Gear se SA-toer

Jeremy Clarkson. Foto: Top Gear/Facebook

Jeremy Clarkson. Foto: Top Gear/Facebook

Jeremy Clarkson, voormalige aanbieder van Top Gear, gaan die Top Gear Live Tour in Suid-Afrika in Junie meemaak, het die organiseerders aan Channel24 bevestig.

Annie Fyfe-Hitching, Top Gear se woordvoerder, het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig dat die Top Geartoer in Johannesburg sal voortgaan.

Dit volg ná ʼn verklaring wat deur BBC Worldwide uitgereik is dat die toer ook internasionaal sal voortgaan.

“Om te verseker dat die duisende mense regoor die wêreld wat reeds kaartjies gekoop het nie teleurgestel word nie, het BBC Worldwide met ons gesamentlike vennoot Brand Events ooreengekom dat die res van die toer kan voortgaan. Die BBC Top Gear handelsmerk sal egter nie gebruik word nie. Ons glo dit is ‘n sinvolle benadering in die omstandighede,” het die verklaring gesê.

Dit volg na Clarkson einde verlede maand die trekpas gegee is as aanbieder van die gewilde motorprogram weens ʼn onderonsie met een van die vervaardigers.

Fyfe-Hitching het gesê Clarkson, sowel as die program se ander twee aanbieders Richard Hammond en James May, die geleentheid in Johannesburg van 12-14 Junie sal bywoon.

Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

senet ·

Al kry ek kaartjies verniet, het baie lank terug v Top Gear gehou, sal ek NIE gaan nie. Hou minder as niks van Jeremy!!!!

zahn ·

Jippie, dan bly jy by die huis. BBC het ‘n groot fout gemaak, hierdie man het vir hulle miljoene ingebring. Hy het motor kennis waarvan baie van ons maar net kan droom, en was soms skreeusnaaks. Maar nou ja, jy het hom nie geniet nie, jy sal nie kaartjies kry nie, so ek sal jou nie daar sien nie. Wonder wie verloor nou regtig.

Leeutjie ·

Ek stem met jou saam Zahn. Ek geniet nogal die program met al die snaakse dinge wat hulle aanvang. Hy is uit en uit die leier van die groep en ek hoop die vervaardigers voel hulle fout om hom te laat gaan aan hulle sakke.

anne ·

Die vervaardigers het beslis ‘n fout gemaak, ek hoop hy begin binnekort met ‘n soortgelyke program van sy eie.

snip ·

Ek stem Senet, hulle kan ons eerder n guns doen en daar hou in plaas van om hom na SA toe te stuur. Dis asof daar so baie gemors in die land is dat hulle voel nog een gaan nie n verskil maak nie. Wonder of hulle hom sou stuur as daar die toer in n ander land was. Hy is n vuilbek en swak klas mens, ek sal beslis ook nie gaan nie, al betaal hulle my. Juis oor hom wat ek nie Top Gear kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.