Jeremy Maggs bedank as waarnemende redakteur by eNCA

Jeremy Maggs (Foto: Facebook)

Jeremy Maggs, die waarnemende hoofredakteur van die TV- en aanlyn nuusdiens eNCA, tree met onmiddellike effek uit die amp.

“Jeremy was die afgelope 12 maande in die amp en het versoek dat hy van sy verpligtinge onthef word, aangesien die stresvolle aard van die pos ʼn negatiewe impak op hom het,” het Lerato Maboi, skakelbeampte van e.tv, in ʼn verklaring gesê. “eMedia Investments het sy versoek toegestaan.”

Maggs het gesê dit was nie ʼn maklike besluit nie. “Die stresvolle aard van die pos het my die afgelope paar maande weer laat dink oor my posisie by die stasie en my lewenskeuses. Ek was vir ʼn geruime tyd gestres en dit het nie goed gegaan met my nie. Ek het dié besluit in my beste belang en in die beste belang van die stasie gemaak.”

Antonio Lee, bedryfshoof van eMedia Investments, het gesê die maatskappy waardeer Maggs se bydrae tydens sy amp as hoofredakteur. “Hy bly een van ons beste aanbieders en hy is onlosmaaklik deel van die eNCA-handelsmerk. Ons ondersoek ander programgeleenthede saam met hom. Ons sê vir Jeremy baie dankie vir die werk wat hy as hoofredakteur verrig het en ons sien uit na ʼn voortgesette werksverhouding saam met hom.”

Maggs sal steeds op die lug wees en is mede-aanbieder op SA Tonight, weeksdae tussen 18:00 en 21:00.

eNCA sal bestuur word deur die senior bestuurspan onder leiding van Norman Munzhelele wat as waarnemende besturende direkteur sal optree. “Norman het ʼn skatkis vol bestuurservaring. Dit was ʼn eenparige besluit om hom aan te stel om eNCA te lei weens sy bydrae tot die groep die afgelope drie jaar,” het Maboi bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Niné ·

Kan julle nou al se daar steek meer in as wat hulle wil se.

charmaine ·

Met onmiddelike effek bedank hy? Dit klink baie na verskonings hy was seker in die pad van iemand anders. As n persoon eers in die beste belang van jou werk bedank klink dit of jy gevra is om afstand te doen. Ek sou dink in die beste belang van gesondheid en sielerus sou iemand wegstap van stresvolle werkslewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.