Jessie Duarte steeds op siekteverlof

Adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, Jessie Duarte. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/Africa News Agency/ANA)

Dit blyk dat Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, steeds te siek is om haar amptelike verpligtinge te hervat nadat sy in November verlede jaar in die hospitaal opgeneem is.

News24 het destyds berig dat Duarte maagdermkomplikasies ondervind het. Sy is sedertdien op siekteverlof.

Die ANC het Dinsdag in ʼn verklaring gesê Paul Mashatile, tesourier-generaal, is intussen versoek om Duarte met die uitvoering van haar pligte by te staan.

Die party het Duarte ʼn spoedige herstel toegewens en sy ondersteuning aan haar geliefdes in “hierdie moeilike tyd” toegesê.

Die ANC se werkkomitee het die media asook alle ANC-strukture en -leiers aangemoedig om hulle te weerhou van “enige optrede wat haar herstel kan belemmer”.

“Op aanbeveling van haar mediese praktisyns sal die adjunk-sekretaris-generaal fisieke kontak tot ʼn aantal onmiddellike familielede beperk.

“Gevolglik moet enige insinuasies dat sy enige sienings oor sake wat tans in die openbare domein is onderskryf het,  verwerp word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Die druk op haar na haar swak vertoning as Sekretaris Generaal van n sinkende skip begin nou te tel….

Hennie J ·

Ly seker aan wanvoeding want het lanklaas pay gekry; of kry die groot kokkedore op die sideline hulle pay?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.