Jesus sou Tutu veroordeel oor uitlatings, sê CDP

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu. Foto: Ilan Godfrey/Templeton Prize/SAPA

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) sê hy is oortuig daarvan dat indien Jesus nog op aarde was Hy emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu ‘n “seun van satan” sou genoem het.

Ds. Theunis Botha, leier van die CDP, het die uitlating gemaak nadat Tutu die naweek gesê het hy steun genadedood.

“Biskop Tutu het nou genadedood (selfmoord) gevoeg by sy steun vir aborsies en huwelike van dieselfde geslag, wat lynreg indruis teen die Woord van God,” het Botha in ‘n verklaring gesê.

Botha sê Tutu het in sy soeke na die kollig nou die vriend van die vyand, eerder as ‘n vriend van God geword.

“Ons is oortuig daarvan dat sou Jesus nou op aarde gewees het, sou Hy Tutu met dieselfde afkeer gegroet het as waarmee hy die fariseërs behandel het, en Tutu skynheilig, ‘n witgepleisterde graf en ‘n seun van satan genoem het.”

Lees ook:
Tutu steun genadedood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Naomi Schulze ·

Wees asb so gaaf om ds Botha daarop te wys dat genadedood en selfmoord nie dieselfde begrip is nie

AmY ·

Sjoe Ds Theunis. dis darem sterk woorde wat jy daar kwytraak.

Ja, ek is ook teen aborsie en huwelike van dieselfde geslag, maar om sulke goed kwyt te raak, maak my baie benoud.

En nee, ek glo Jesus is vir daai mense net so lief as vir enige ander mens op hierdie aarde.

Ek is seker hy pleit by God vir ons ELKEEN se sondes. Hoe groot of klein ook al.

Na alles, is sonde nie sonde nie. Is daar werklik GROOT en KLEIN sondes?

Is R50 steel dan ‘n kleiner sonde as aborsie ondesteun?

GOD IS LIEF VIR ONS ALMAL.

Elizabeth ·

En NERENS staan dit dat selfmoord verkeerd is nie! Wys my die presiese plek en woorde waar dit staan! Moet ook nooit ooit vergeet met die vervolging van die Christene het die Bybel amper geheel verdwyn en dat almal nie kon lees en skryf in daardie tye nie. Die Bybel is grootliks oorlewering by monde van wat mense uit daardie tye kon onthou/skryf en nie noodwendig presies die woord van God nie. Lees gerus die wonderlike boek “In die begin was die Woord – die aangrypende verhaal van die Bybel” deur GS Wegener. Die Bybel is ‘n riglyn waarvolgens HOPELIK Christene sal leef of probeer leef (geen mens is volmaak, slegs God is).Ek sien soms maar bitter min van hierdie vergiffenis, verdraagsaamheid, jy moet jou naaste liefhê soos jouself ens ens soos God ons vra! Hou op God speel! Mense moet ophou om dinge aan te neem, te verdraai en te glo soos dit hulle pas. Mense wat selfmoord pleeg is oor die algemeen in so ‘n geestestoestand dat hulle voel niemand kan hul help nie. Let wel ek sê OOR DIE ALGEMEEN. Jesus sou NOOIT OOIT die woorde “seun van satan” oor sy lippe laat kom het oor ‘n ander mens nie. God het almal lief – die vraag is het almal God lief? Moenie oordeel sodat jy nie geoordeel word, want met die oordeel waarmee JY oordeel sal JY geoordeel word.

Jasper ·

Het Jesus nie die Fariseër vervloek toe hy hom addergeslag genoem het en dat hy van satan is nie ?

EMK ·

@Jasper – dalk moet jy dit in die kontek lees en verstaan – moenie aannames maak

Jasper ·

EMK. Ek het n vraag gevra en nie aanames gemaak nie. Hoe kom so aanvallend ?

Johann ·

Elizabeth.

Jou, Trippie, Grassie, Jas en andere se replieke beteken so baie vir my. Dankie vir die deel, sodoende vul ons mekaar ryklik aan.

Mag ek met jou toestemming net nog dit byvoeg?

“Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê”
As ek die dag alles sou vergeet wat in die Bybel staan mag hierdie nooit my geheue ontglip nie!

Trippie ·

Goeie more Johann, Elizabeth, Grassie en ek mis Jas se teenwoordigheid.

Ek sê vir julle dankie – elkeen van julle het ‘n baie spesiale boodskap wat oorgedra word, ek koester dit in my hart – voedsel vir my siel.

Elizabeth ·

@Johann – dankie. Dis ‘n riem onder my hart dat ander ook baiekeer voel soos ek. Mens kan en hoef nie altyd met almal saam te stem nie, maar dis goed om te weet baie mense het waardes soortgelyk aan jou eie. Mense wat besef hulle is swak en onvolmaak, maar tog PROBEER om in liefde met hul medemens te lewe en Bybelse riglyne te probeer navolg. Ai nou klink ek ampers soos ‘n dominee! Ek wil nie prekerig klink maar soms raak ek so moedeloos en hartseer as mense so gou vinger wys, so gou oordeel, so gou slegsê….

EMK ·

Die man noem homself ‘n Christen en tog veroordeel hy Desmond Tutu… Hy moet maar weer mooi die Bybel gaan lees.

Jay-Jay ·

So word nog n false profeet soos ds Botha aan die vrugte wat hy dra uitgeken. Baie vinnig het die politieke-gees waarin hy funksioneer Tutu se uitlating gebruik vir politiekpublisiteit. Waar is die Grootste Gebod nl Liefde ter sprake in sy uitspraak? Oordeel, die ken hy goed. Ds Botha is n skandaal vir enige persoon wat daarop aanspraak maak dat hy werklik n Christen is. En boonop, BAIE VERWAAND om te dink dat hy en sy party kwansuis sou weet hoe JESUS op Tutu se aanmerking sou reageer. Sterkte aan al sy volgelinge.

HEVW ·

Oeps Jay Jay, wat n glipsie. Alles uit jou mond klink nie so mooi Bybels nie.

Dr Pieter van der Dussen ·

Uit wat hier volg behoort elkeen wat dit lees te begryp dat ek ds Theunis Botha se siening steun. Mag Tutu en die syne hierdeur tot besinning kom.

Die volgende stellings word gemaak:
1. “Selfmoord en genadedood is nie dieselfde nie.” Selfmoord beteken om jou SELF dood te maak. Sogenaamde genadedood beteken om iemand anders te vra om jou dood te maak. Albei is moord en daarom dieselfde. Genadedood beteken jy maak van iemand anders ‘n moordenaar omdat jy self te lafhartig is om dit te doen.Maar wat is “genadedood”? Daar was eeue gelede ‘n priester in Frankryk wat tot die dood deur verbranding veroordeel was omdat hy die Roomse pous se gesag aan die Worod van God ondergeskik gestel het. Op die brandstapel het hy verklaar” Twee uur in die vuur van ongeregtigheid weeg nie op teen ‘n ewige dood in die vuur van die hel nie.” dit is wat die genade van God is, nie die beeindiging van liggaamlike en geestelike pyn en lyding in die aardse lewe nie.
2. Ds Botha gebruik “sterk woorde”. Inderdaad! God EIS in Sy Woord dat die mens onvoorwaardelik Sy Godheid erken (Eerste Gebod), In die Tweede en die Derde Gebod kondig Hy Sy strafgerig oor diegene aan wat Sy Heiligheid nie gehoorsaam nie. In die Vierde Gebod gee Hy die belofte van voorspoed mits Sy Heiligheid erken word. Nadat die Here Jesus Hom volgens Johannes 6:22vv as die brood van die lewe vir die gelowiges geopenbaar het, staan daarin vers 60 dat baie dissipels gese het: Hierdie woord is hard….. So hard dat baie van hulle weggegaan en nie meer saam met Hom gewandel het nie. Dit terwyl Hy net tevore nog weer aan hulle verkondig het dat Hy die enigste weg tot saligheid is.
3. “God is lief vir ons almal.” Lees as voorbeeld Maleagi 1, ook die Here Jesus se eie woorde in Matteus 23, Matteus 24-25 (die profetiese rede), ook Johannes 13:14-17 (laaste onderwys van Jesus aan en gebed vir Sy dissipels) van wie Hy Self een ‘n duiwel genoem het, naamlik Judas Iskariot.
4.”Daarom gaan mense nie kerk toe nie.” As mense om sulke redes van die begin af hulle rug op “sterk woorde” sou gedraai het, sou daar vandag geen mensdom gewees het nie. Die sterkste moontlike woorde staan in Genesis 3:14-19. As die eerste mense hulle rug op hierdie woorde sou gedraai het, sou hulle onmiddellik gesterwe het. Die Goddelike genade kon egter juis hier na vore: Die slang se kop sal eenmaal deur die nakomeling van die eerste vrou vermorsel word Genesis 3:15). Sy sal steeds haar Godgegewe roeping kan nakom om kinders te baar, maar met smart wat nogtans in vreugde verander. Haar man sal oor haar heers, haar beskerm. God se genade blyk verder daaruit dat Hy nie die in-sonde-gevalle mens vervloek nie, Hy vervloek wel die aarde en laat dorigns en distels voortkom sodat die man, die mens, met moeite sal eet.
5. “NERENS staan dit dat selfmoord sonde is nie.” Die Sesde Gebod se: Jy mag nie doodslaan nie. Daar is reeds aangetoon dat selfmoord soos sogenaamde genadedood moord is.
6.”Jesus sou NOOIT OOIT die woorde ‘seun van satan’ oor Sy lippe geneem het nie.” Hy het Judas Iskariot “‘n duiwel” genoem (Johannes 6:17). Hy het Petrus as Satan aangespreek (Matteus 16:23). In I Johannes 3:10 spreek die Heilige Gees, Een met die Vader en die Seun, van “die kinders van die duiwel”.

‘n Mens kan seker ds Botha se standpunt anders stel sodat dit die mensdom se betekenis van die liefde van God steeds oorheers. Maar die Woord van God is vol sterk woorde. Woorde wat nogtans in liefde gespreek word: LUISTER TOG! Daarom MOET daar ook na ds Botha geluister word wat die geloofsmoed het om die waarheid uit te spreek. Hierdie uitspraak is sekerlik nie net aan die algemene publiek gerig nie. Dit is ook aan Tutu gerig: LUISTER NA DIE WOORD VAN GOD: JY MAG NIE DOODSLAAN NIE! Die Woord is die enigste waarheid waaraan ons strompelende mense kan vasgryp teneinde nie deur die stroom van sondigheid meegesleur te word na die ewige verderf nie. Laat ons ophou om onsself te regverdig met allerlei mooiklinkende argumente van menslik-aardse aard en eerder ons voor die Almagtige God en genadige Vader in die hemel verootmoedig oor die toenemende geweld van die golf van goddeloosheid wat oor die wereld spoel. Verootmoediging beteken in die eerste plek die erkenning van die Majesteit en Heiigheid van die Drie-enige God, wie se eer en heerlikheid die skepping en veral die mens moet uitjubel in woord en daad.

EMK ·

Dr Pieter van der Dussen – wat het geword van Jy mag nie oordeel nie en/of die oordeel kom my nie toe nie. Dink jy dus alle mense wat selfmoord gepleeg het (hoofsaaklik agv chemiese tekort/werking in hul brein – deur NAVORSING bewys)is nou sondaars? Nee wat, gaan lees weer mooi, dis NIE vir ons om te oordeel nie. Jesus het selfs die moordenaar langs hom aan die kruis vergewe en gesê hy sal langs hom sit in die koningkryk en dan kom leke soos julle en predik ewige verdoemenis. Onthou weereens soos iemand boontoe genoem het dat die Bybel grootliks oorgedra is na die Christen vervolging deur mense wat maar ent kon onthou ens – gaan lees gerus die boek boontoe genoem. Ek het begin lees aan dit en dit maak mens se oë oop. Dit is waar dat mense die kerk verlaat agv van hul onverdraagsame houding en onthou ook asb om kerk toe te gaan gaan jou beslis nie ind ie hemel bring nie. Die kerk sit vol sondaars wat net wil vroom lyk en vingerwys. Dit sluti hope predikante in. Natuurlik is dit slegs jou mening en heirdie is my mening en ek het geleer mens moet verdraagsaam wees en vergewe en NIE oordeel! Dis soms moeilik ja, maar mens probeer maar wat. Verder wil ek nie in polemiek met jou betrokke raak want ek sien ons opvattings van die liefde van God en vergiffenis daarmee saam verskil hemelsbreed.

alleman ·

Hoe mense vir iemand soos Theunis Botha kan stem, gaan my verstand te bowe. Wat hy voorstaan is basies ‘n stelsel van patriargale beheer, waar hy, en ander ooms soos hy, jou kan beheer van voor jou geboorte af tot hoe jy mag sterf.

Lees mooi ·

Dr Van der Dussen: die Woord is vol teenstrydighede – kyk maar net in die NT. Jesus vra almal om “vissers te word” maw die woord te versprei. Maar lees gerus hoevele kere het hy ‘n wonderwerk gepleeg – iemand genees ens en dan vir sy disipels gesê om nie daaroor te praat nie! Hoe werk dit.Dis dan jusi teenstrydig met wat hy vra nl versprei die woord! Dit laat my maar net weer besef ons lees en verstaan die Bybel soos ons as mense dit maar kan doen met ons geringe kennis.Met vertalings deur die eeue en nuwe opgrawings/ontdekkings van geskrifte ens is daar baie dinge verkeerd bewys. Die Bybel is slegs ‘n riglyn vir ons -en ja GOD HET ALMAL LIEF – dank die hemel daarvoor.

Belinda ·

Kon ons ooit aborsies stop kon ons ooit gay huwelike stop so dit gaan ook iets wat ons nie kan stop nie laat dit maar van persoon tot persoon afhang wat dit wil doen of nie maak nie saak hoe ons daaroor voel en se nie dit gaan gedoen word………………..

S N Odendaal ·

Oooooe , lekker sinode hou , lekker “die speelveld gelykmaak” .Lekker Wereld Raad van kerke . Lekker Almal welkom …..kerk van jou keuse .Mag nie oordeel nie , elkeen het maar sy eie seining , Wie gee vir jou die reg ? Jaa , maar my Doomineee se . “hey, there’s so much loove out there man ” Lig my in , wat is Christenskap ? n posisie wat gehou word ? Hoekom steur julle julself so aan valse profete ? Hoe lyk n valse profeet ? Ons is halfgebak en sonder kennis . Wanneer is ek n “Christen” .Die “religious extremists” in die Bybel sou nie toegelaat word in julle Baal tempels en sinnagoges nie . Met n verslae hart . Julle sal tog nie luister nie . Ek gaan visvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.