Jeug sê oor Afrikaans, inheemse tale by jeuggesprek

Die jeugpaneel onder leiding van Marius Swart (heel regs) Foto: Verskaf

Die jeugpaneel onder leiding van Marius Swart (heel regs) Foto: Verskaf

Studente van die Universiteit Stellenbosch, omliggende universiteite en leerders uit Worcester het Maandag tydens die Afrikaanse Taalraad se Jeuggesprek by die US Woordfees stem dik gemaak rakende die taaldebat in Suid-Afrika.

Dié gesprek, onder leiding van Marius Swart, taalbeplanningskundige aan die Universiteit Stellenbosch, het ʼn platform geskep vir die jeug om ook hul sê oor dié dikwels vurige debat te sê.

Die gevolgtrekking van die gesprekke is eenvoudig: Politieke gedienstigheid het geen plek in die voortbestaan van Afrikaans of enige ander taal nie.

“Los die politieke gedienstigheid, koester Afrikaans as akademiese taal en skep bewustheid van die waarde van die moedertaal by die sprekers van die ander inheemse tale,” het die studente tydens die gesprek laat hoor.

“Alle inheemse tale moet mettertyd tot akademiese tale ontwikkel word sodat al Suid-Afrika se kinders die beste geleentheid kan kry om hul volle potensiaal te ontsluit.”

Lede uit die gehoor (Foto: Verskaf)

Lede uit die gehoor (Foto: Verskaf)

Volgens die Afrikaans Taalraad het talle van dié studente al “eersterangs die ontmagtiging van gedwonge Engelsmediumonderrig aan die lyf gevoel”.

Vir baie van die deelnemende studente uit bruin gemeenskappe was dit ook ʼn kwelpunt dat hulle eendag nie in hulle moedertaal sou kon leer nie.

“Hulle voel uitgesluit van hierdie debat, hoewel die kwessie hulle ten nouste raak,” meen die Taalraad. “Almal het saamgestem dat Afrikaans as moderne akademiese taal behou moet word – om opvoedkundige redes maar ook omdat die taal se infrastruktuur ʼn waardevolle bate is.

“Op die vraag of die Afrikaanse standaardtaal behou moet word, was die antwoord ook ’n duidelike ‘ja’, maar met die voorbehoud dat dit verruim moet word om die variëteite van Afrikaans te weerspieël.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A3 ·

Waarom word daar SO baie geld, tyd en energie spandeer om ‘n taal wat goed gevestig is in die akademie af te breek of tersyde te stel?!? Gebruik dieselfde geld, tyd en energie om ander tale te laat groei op akademiese vlak en jy het ‘n wen-wen situasie.

Alida ·

As Universiteit Stellenbosch Afrikaans gaan afskaf is my geld ook nie meer goed nie. Stellenbosch was gedra deur die Afrikaners van alle kleure… Nou verswak alles hier. Misdaad No 1 hier. Kyk na ons rektor. Nee hy beteken niks. Wens net die bruin mense wil ook opstaan vir Afrikaans. Dis hul moedertaal ook.

JC ·

Aitsa, mooi man! Afrikaans in al sy verstommende varieteit (van standaard tot Rehoboth)en met al sy dialekte BEHOORT AAN ALLE AFRIKAANSES EN ALLE AFRIKAANSES IS verantwoordelik vir die taal se volhoubare groei en ontwikkeling ook op akademiese vlak. VAT SO cANCer, die verskeie napraters en manteldraers en navolgers van ANC politiekery (ANC=saaiers van verdeeldheid en wanorde)

JC ·

Aitsa, mooi man! Afrikaans in al sy verstommende varieteit (van standaard tot Rehoboth)en met al sy dialekte BEHOORT AAN ALLE AFRIKAANSES EN ALLE AFRIKAANSES IS verantwoordelik vir die taal se volhoubare groei en ontwikkeling ook op akademiese vlak. VAT SO cANCer, die verskeie napraters en manteldraers en navolgers van ANC politiekery.

Boerseun ·

Varieteite van Afrikaans is nie Afrikaans nie en hoef nie gereken te word nie. Engelse leen woorde wat hulle in die kaap gebruik is engels en nie Afrikaans nie, net swak taalgebruik. Dan waar was al hierdie Afrikaanse taalvegters tydens Afrikaans must fall veltogte.

En weereenshou die US n debat oor Afrikaans. US is die laaste instansie wat oor behoud van Afrikaans moet praat.

Reinhardt ·

Natuurlik is variëteite van Afrikaans (dialekte) ook Afrikaans. As ek nou n gesprek met jou moes voer sal ek heel eenvoudig al die woorde vir jou kan uitwys wat jy nie uitspreek soos wat jy dit skryd nie.

Elke taal sal n standaardtaal (geskrewe vorm) hê, die res is slegs dialekte daarvan.

Boerseun ·

Gaan my nie oortuig om Engels te praat en n paar woorde soos my bra en leka te gebruik is n variant van die taal in my woordeboek nie. Almal hoef nie dieseldfe te wees nie , kaaps kan sy eie woordeboek he. Snaaks hoe mense in die noord en oos-kaap ook my afrikaans praat. In elk geval, ek sien nie enige akrikaanse taalvegters uit die variant geledere wat opgestaan het met die afrikaans must fall veltog nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.