Jeug van vandag ‘verdien beter’

Alan Winde, Wes-Kaapse premier.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê nes die jeug van 1976 verdien die jeug van vandag ook beter.

Die premier sê die vlakke van jeugwerkloosheid is onaanvaarbaar hoog en dat armoede, geweld en mishandeling kinders en jong mense op ʼn daaglikse basis in die gesig staar.

“Nes die jong mense van 1976 het ons jong mense ook ʼn belangrike rol om te speel om die toekoms van die land en die provinsie te help vorm,” het Winde gesê.

“Onderrig, kennis en vaardighede gaan hulle toekoms ontsluit en ek moedig jong mense aan om elke geleentheid aan te gryp.”

Winde het gesê die Wes-Kaapse regering verskaf ʼn magdom inligting aan jong mense deur sy biblioteke, skole, jeugkafees, asook deur gratis internettoegang.

“As die regering in die provinsie is ons daartoe verbind om gehalte onderwys te verskaf, toegang tot onderwys te bied en te belê in vaardigheidsontwikkelingsprogramme wat jong mense voorberei vir toekomstige loopbane in velde soos wetenskap en tegnologie, ingenieurswese, kodering en wiskunde” het Winde gesê.

Winde het gesê die provinsie gaan daarop fokus om die ekonomie te laat groei en wil ʼn gunstige omgewing vir beleggers skep.

“Jong mense in dié provinsie verdien om veilig te voel en ek doen ʼn beroep op hulle om te praat oor misbruik en om aktiewe burgers te word wat werk vir die welstand van hulle gesinne, skole of gemeenskappe en om dwelms, bendes en misdadigheid te vermy.”

Winde sê jong mense in die provinsie word dikwels na die misdaadwêreld gelok met beloftes van ʼn ander leefstyl, of soms net uit desperaatheid.

Die Wes-Kaap het onder meer naskoolse en vakansieprogramme, asook skoolveiligheidsprogramme ontwikkel om kinders se veiligheid te verbeter.

Winde het gesê die provinsie is ook besig om ʼn kommissaris van kinders aan te stel wat na kinderregte gaan omsien.

Die premier het alle pa’s – biologies of nie – wat ʼn aktiewe rol in die vorming van jong mense speel, bedank.

“Kinders en jong mense het positiewe rolmodelle nodig na wie hulle kan opsien en wat hulle veilig kan hou,” het Winde gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

sweis ·

Ek stem skrap die diskriminerende wette en kwota sisteem teen wit kinders na 25 jaar waaraan hulle geen deel gehad het aan apartheid nie boet hulle nog steeds apartheid was verkeerd net soos hierdie verkeerd is .

zoom zoom ·

Te min red tape om iemand aan te stel en te veel red tape om iemand te ontslaan. Vakbonde is die grootste euwel wat bydra tot werkloosheid.

Corrie ·

Die olifant in die vertrek is die onbeheerde aanwas van die bevolking. Kinders word betaal om nog kinders te hé. Waar gaan dit eindig? Jong mense wat vandag wil begin met wat ouer mense na 30 / 40 jaar opgebou het. Wonder ook maar net oor plundering van staats en pensioen fondse.
Sien nognie iemand in oranje daaroor nie

Andreas ·

As ek so in die winkelsentrums rond beweeg, wonder ek dikwels of dit die sib van die een is wat haar aan die hand beet het of die kind.

Sieg ·

Aag n gepraatery en niks gebeur, met ANC en DA (ANC lite) se roekeloosheid wie gaan belê in die kriminele land????

Andreas ·

Hier het hy nou ‘n paar ‘winde’ gelos wat ons almal al vir lank pla.

Alida X ·

Mnr Winde, ek wens jou en jou amptenare sukses toe met julle voornemens.
Ek hoop net julle het ‘n goeie databasis van die huidige bevolking en kiesers in die Provinsie.
Gee hulle eerste geleentheid vir opvoeding en werksgeleenthede. Sodra dit net lyk asof dit in die Wes-Kaap begin beter gaan met minder werkloosheid gaan julle oorstroom word deur nuwe intrekkers uit die ander Provinsies.
My beskeie mening

Andreas ·

“Kinders en jong mense het positiewe rolmodelle nodig na wie hulle kan opsien en wat
hulle veilig kan hou,” het Winde gesê.

Daar is geen waarder woorde gespreek nie, die vraag is net, van waar voer ons die rolmodelle in?

Ek het idee ons kan in die geskiedenis gaan oplees waar om hulle te vind.

humor ·

Gedurende 1976 is skole vernietig afgebrand en was daar vernietigende betogings wat self lewens geeis het. Vandag word ons moerdertaal Afrikaans op skolevlak en universiteite onderdruk en selfs deur engels vervang en ek weet nie van een skool of universiteit wat deur ons beskadig of afgebrand is nie. Is dit die verskil tussen babaarsheid en beskaafdheid?

Etta van der Merwe ·

My mening is dat die kernpunt nie aangeraak word nie naamlik getalle, en nogmaals getalle. Dit my liefste land Suid-Afrika, is ons ondergang, te veel geboortes, wat lei na hongersnood, wat lei na ongeletterdheid, wat lei na misdaad, wat lei na haat en uiteindelik moord. Mnr Winde, gaan na die ontstaan van die probleem, dit help nie om in die middel van hierdie hele proses drade bymekaar te probeer vat nie.

KrokodilBotha ·

Regtig Mnr. DA. Is dit nie jou party wat se die kinders is te wit vir werk kry nie. Bollie bollie.

HM ·

Met al hierdie vry dagga rook en dwelms is ek bevrees oor n paar jaar het ons zombies in die land . Van ons jeug op n verkeerde pad.

Blaas vlieg ·

Die jeug! Die jeug! Die jeug! Wat van die 55 plussers wat sonder mee uit hulle werke uit gesit word? Die verdomp iets daaraan ook. Die ouers mans het nog afhanklikes om te versorg. Die jeug nie

Hans Richardt ·

Wat is die “verdien beter” vir jeug? Politici maak stellings, sonder om dit te verduidelik.
Ja, dwelms eet die jeug op en hul is gewillige deelnemers, wat altyd die morele grense toets.

fred ·

die jeug is verwen….protes by Technicons en Universiteite….dwelms….aids steek weer kop uit….meeste hande arbeid word deur buitenlanders gedoen…hulle moet begin om te studeer of te werk

Domeritus Danie Malan ·

Miskien moet ons as ouers en groot ouers (ja, die uwe inkluis) ‘n slag die hand diep in eie boesem steek en dan nie verbaas wees as dit melaats daar uitkom nie!
Ek kwoteer graag die volgende stelling uit Bybelkor se Bybelstudieboek: “HOE LIEF HET EK U WET” (1976) bl. 133 e.v: “Elke geslag se ouers en kinders moet hulle eie stryd stry. Op ‘n potskerf wat in Babel oopgegrawe is en wat uit die jaar 3000 v.C. dateer, staan daar: ‘Ons jeug is verskriklik bederf. Hulle is sleg, kwaadaardig, goddeloos en lui – ‘n hele verskil met die jongmense van vroeër!'”
Nou wonder en vra ek: Is daar regtig iets nuuts onder die son?
Weliswaar skiet ons as swakke ouers dikwels vêr te kort in die opvoeding wat ons ons kinders gee. Desnieteenstaande moet kinders hulle ouers en meerdere gesagdraers eer t.s.v. van baie gebreke wat hulle aankleef – omdat die Here God dit van kinders verwag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.