Jeugdag: ‘Gedeelde ervaring skep nuwe vorm van samehorigheid’

Die ikoniese foto van Hector Pieterson geneem deur Sam Nzima.

Die ikoniese foto van Hector Pieterson geneem deur Sam Nzima.

Die Afrikaanse Taalraad het gesê hy betreur die pynlike gebeure in Soweto 40 jaar gelede.

“Ons betuig hiermee ook ons meelewing met die ongelooflike gevoelens van verlies wat soveel families sekerlik nou nog met die herdenking van hierdie tragedie ervaar,” het dr. Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad, gesê.

Steenkamp het gesê Sharpeville raak nog steeds almal van ons. “Ook Afrikaans dra steeds die letsels van ’76. Die voorstelling van Afrikaans as die taal van die onderdrukker loop steeds diep en resoneer met baie studente op talle kampusse; ook met amptenare of politici wat hulle vir die uitrangering van die taal beywer.”

Volgens Steenkamp is baie onreg inderdaad in Afrikaans gepleeg. “Afrikaans is egter vir baie ook die taal waarin hulle téén onreg gestry het en talle Afrikaanse studente het met hulle lewe hiervoor geboet. Afrikaans is óók ʼn taal van bevryding.”

Steenkamp het gesê die verengelsing van skole en universiteite, en die oningeligte eise dat Afrikaans moet val, skep nuwe gevoelens van verlies onder Afrikaanssprekendes – toenemend ook onder die sprekers van ons ander inheemse tale.

“Hierdie gedeelde ervaring skep nuwe vorms van samehorigheid wat oor tradisionele grense heen reik, selfs al verdeel wanbegrip, onuitgesproke pyn en geweld mense nog. Die Afrikaanse Taalraad streef na ware versoening tussen die sprekers van Afrikaans asook met die sprekers van ander tale. Die pad na versoening vereis wedersydse erkenning van mekaar se pyn, empatie en ʼn herontdekking van die waarde van gesprekvoering. Vir baie mense begin hierdie pad in Soweto in 1976.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Gwen ·

Die ATR moet hom maar eerder met taalsake bemoei en nie politiek bedryf nie. Hierdie stukkie is uit en uit politiek en het niks met die ATR se mandaat te make nie.

Alf Pierce ·

Waarvoor betuig hy “meelewing” oor geweld wat hulle aan gevuur het. 16 Junie 1976 het soos n piekniek gelyk met vergelyking van die onluste van vandag, EN hulle regeer die land !

Anel ·

Assenlief! Engels was nog altyd die taal van die onderdrukkers. Gaan kyk die geskiedenis! Die engelse wou ons land vat vanaf die vroegste tye. As die wat nie in Afrikaanse wou leer nie, hoekom het hulle nie aangedring op hul eie taal nie. Net soos vandag. Kan nie engels praat nie maar alles moet engels.

Rapes ·

Ek voel jammer vir hulle. Dit is hul probleem teenoor afr. Ek voel netso teenoor engels, maar die verskil is die afrikaner moes verskoning vra, maar die engelse het meer as 100 jaar nog nie verskoning gevra nie. So afrikaners tel jul koppe op en kyk almal in die oe en wees trots op wie en wat jy is en as hulle dit nie wil aanvaar nie is dit hul probleem.

Koos ·

Tyd om aan te beweeg die kerk straat bomaanval val in die selfde kategorieë maar ons moet vergewe en aan beweeg so moet almal maar en begin konsentreer op die huidige probleme soos die ekonomie,misdaad,plaasmoorde,water ens

John ·

Ons het te veel Afrikaanse mense wat namens Afrikaners simpatiseer met die sg ‘gegriefdes’ en die waarheid verdoesel met ‘n groordoenerige gehandevat. Askies vir Afrikaans wanneer ons daarvan beskuldig word dat ons taal al die ellende by swartes aktiveer? Wie het dr Conrad Steenkamp afgevaardig om namens ons verskoning te vra? Soek hy geldelike bydraes van die ANC? Kyk hoe lyk Zimbabwe sonder Afrikaans, maar Mogabe se honger mense kom werk in SA by Afrikaanse boere om te oorleef?

Cherokee ·

Deel 1
Soos Anel en meer kommentators dit ook duidelik maak, hierdie kwessie is meer sensitief as om dit met ‘n paar gesprekke te probeer oplos. Waarom word die Engelse se afdwinging van hul taal, hul poging om wêreldheersers te wees, nie betrek in die gesprek nie. Waarom word ‘n foto van Hector Peterson (oorspronklik Hector Pitso) geplaas maar geen foto van maer sterwende wit kinders in konsentrasiekampe? Dit is jammer dat die 13 jarige betogende student en nog ‘n kind, Hastings Ndlovu doodgeskiet is. Dit moet ook nie buite rekening gelaat word dat studente besig was met ‘n geweldadige betoging waartydens meer mense die lewe gelaat het.
Intussen weier Mev Elizabeth Windsor om verskoning te vra vir wat hulle in hierdie land probeer doen het. En swart kinders praat met mekaar in Engels en kan nie een hul eie taal praat, terwyl Afrikaans aangeval word.

Artikels soos hierdie bepleit ‘samehorigheid’ maar die wreedheid wat op sommige slagoffers van rassegeweld in Suid Afrika in Suid Afrika toegepas is, wys weereens op ‘n kultuurkloof sonder ‘n brug. Apartheid was verkeerd en het verkeerde instellings, leerplanne en werkswyses tot gevolg gehad maar … indien daar nie apartheid was nie en almal voor die voet stemgeregtig was, was daar nie ontwikkeling in hierdie land soos nou nie. Dan het ons stede soos Maputo gelyk en ons geldstelsel soos die van Zimbabwe. Apartheid kan dus nie net gekritiseer word nie want daarsonder sou Suid Afrika nie gedy het soos in die verlede nie.

Cherokee ·

Ignoreer asseblief die ‘deel1’ want my oorspronklike skrywe was te lank vir plasing en ek het oorweeg om dit in twee te plaas maar toe besluit om bloot ‘n deel uit te vee. Wat egter onthoubaar is, is dat apartheid geweldige gebreke gehad het maar dit word omgedraai (of ten minste versag) wanneer die regte bewoording gebruik word, namens afsonderlike ontwikkeling, waar hulle dieselfde voordele as ons sou gehad het maar in eie omgewing. Hendrik F Verwoerd was in een opsig soos Gerrie Nel. Hy het aanhangers gehad en hy het teenstanders gehad maar niemand was neutraal teenoor hom nie.

so waar ·

Cherokee jou komentaar moet eintlik in al 11landstale vertaal word en elke media24nuus blad moet dit in hê. Danki

Cherokee ·

Dankie ‘So Waar’, vir die onverwagte kompliment. Ek het dit wat in my gedagtes opgeborrel het terwyl ek die betrokke artikel gelees het, in woorde omgesit. Dankie vir die terugvoering.

PMB ·

Dit is tragies dat enige mense moet sterf vir wat hy/ sy in glo. Die ANC en hul trawante vergeet van die misdade en moorde wat gepleeg was in die tagtiger jare deur die vyand van die staat!!!! Bomme was geplant gewees en onskuldige mense is daar deur vermoor of geskent. Waar is daai fotos en herdenking???? Kom nou Suid Afrika word wakker man ons moet ons volle geskiedenis herdenk nie net selektiewelik nie!!! Daar is nie net n swart onderdrukte geskiedenis nie!! Die boere nasie was die eerste onderdrukte nasie in SA gewees en hulle het opgestaan teen kolonialisme! Huidiglik onthou en herdenk die regering net wat hulle wil en maak geraas daaroor om stemme te werf. Ek is so moeg vir swak en eensydige joernalistiek. Vertel die hele stories of bly stil!

CommentQueen ·

…..ek gaan sekerlik met klippe gegooi word….

Ek lees die kommentaar op fb almal voel hoekom moet daar ELKE JAAR oor dieselfde ding “jammer” gesê word? Almal se redenasie is “get over it and move on”
Miskien word dit elke jaar opgehaal REEDS OMDAT ons volk nie REGTIG jammer is nie.

Op n ander artikel sê mense “wat het di kind daar gesoek?” “Kind van 14 behoort nie te toy-toy”
Maar tog is ons trots op ons 13 jarige Boerseuns wat saam die Voortrekers oorlog gevoer het…?
Snaaks hoe ons dit goedkeur wanneer ONS kinders oorlog maak en baklei vir hul regte – maar as enige ander kultuur of velkleur dit doen, dan is dit verkeerd…
Ons baklei vir ons taal. Om in Afrikaans onderrig te word. Vir ons kultuur. Hoekom is dit so verkeerd dat die jeug van daardie tyd nie mag baklei vir hulle regte nie?
Sou ons nie ook opstandig geraak het as ons geen regte gehad het nie?

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

Ek antwoord net jou laaste paragraaf, sodat jy MY OPSTAND verstaan : watter regte en toekoms het ek as Afrikaanssprekende nog in hierdie land het? ????? (Ek wil nie n debat begin nie, maar flippit man! ! Moet n Afrikaanssprekende elke jaar vir 40 jaar terug se goed askuus se?)

hans ·

Stem die Taalraad moet heeltemal weg bly van die politiek. Sou graag wou weet of die Curro-groep die optrede van n familielid van Hector P ens by Roodeplaat skool se jeugdagviering goedkeur? Ek oordeel dat politiek sensitiewe aangeleenthede baie omsigtig by skole hanteer moet word.

vermeende ·

Dr Steenkamp het sy graad heel moontlik onlangs gekry want van die Sharpville geskiedenis weet hy niks.
Is hierdie Dr bewis dat die polisie n week voor die gebeure beslag gele het op letterlik n berg wapens in Sharpville, dra die geleerde Dr ook kennis van hoeveel polisie in Sharpville gesterf het in die weke voor voor die gebeure en is die goeie Dr bewis daarvan dat die ontwapende mense van Sharpville die kinders voor geskuif het en agter die kinders weggekruip het.
Nee ek glo nie die Dr weet hiervan nie anders sal hy nie Afrikaans die sondebok probeer maak nie en loop en verskoning soek nie.
Steenkamp moet eerder sy geleerdheid inspan en die jeug van daai dag opvoed oor hoe hulle die kinders daai dag as kanonvoer gebruik is deur hulle ouers.

marianne ·

Drink kasterolie en kom oor julle verdomde Politiek!!!!! So daar is mense in Soweto dood – ‘net ‘n paar…..
Daar is hoefeel Soldate in die grensoorlog dood – my boetie het steeds Post Traumatise Stress oor Anglo en wat met hom en sy makkers gebeur het!
Ons moet maar vergeet ons seuns het vir “hulle” land gesterf vir ALMAL se vryheid – ‘n paar oproeriges sterf vir hulle vryheid…..
Waaarom druk julle dit in ons kele af????
Ek verstik aan Politiek en die aag shame stigma daarvan!!!!

PMB ·

Ja Marianne, ek stem saam met jou. Waar is die onthou en herdenking aan ons weermag seuns wat met hulle lewens betaal het vir ons vryheid!!! Dit is als vergete. Wow ek sit ook met familie lede wat letsels dra van daai donker tyd in ons geskiedenis.

Koos ·

So het die tyd aan gestap was ook op die grens en van my maats verloor.Na ongeveer 30jaar later skrik jy nog steeds wakker met gesigte van angs wat jy nooit sal vergeet nie.Vandag moet ek hoor as oud soldaat ek moet gaan versoen op orlando stadium soos versoek deur destydse kapelane,predikante en generaals en hulle sal ons met busse aanry.Het van ons nie al genoeg seer gekry nie,met aflegging,afrikaans sprekend en ouer as 55.

Bloutrein ·

Ag ek is nou al so gatvol vir die Hector Pietersen fototjie. Plaas asb vir ons foto’s van plaasmoorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.