Jeugdag: Só sê die jeug

Foto: www.cor.co.rs

Foto: www.cor.co.rs

Daar is verskeie vakansiedae in Suid-Afrika, elk met ʼn stukkie geskiedenis. Vandag is Jeugdag, maar dié dag word nie noodwendig deur elke jongmens in Suid-Afrika gevier nie. Maar wat is die storie agter Jeugdag?

Op 16 Junie 1976 het duisende studente van Soweto geprotesteer teen  ‘n regeringsbesluit dat beide Afrikaans en Engels op ‘n 50-50 basis as voertale in die Bantoe-onderwys gebruik moet word. Baie studente het hul lewens in die proses verloor. Vandag 39 jaar later, hoor ons wat die jeug te sê het oor Jeugdag.

Jaco Coetzer (21), kliniese assistent, Petrusburg

“Jeugdag is vir my die dag waarop ons as Suid-Afrika ons toekoms vier. Vol hoop en moontlikhede. Ons word daagliks herinner aan die verlede wat so baie Suid-Afrikaners hul potensiële toekoms gekos het. Ons moet eintlik elke dag so lewe en dink. Ons land het ‘n toekoms, maar dis die jong mense van vandag wat opgevoed en bygestaan moet word om hulle in staat te stel om hul potensiaal te bereik.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Wilme Steyn (19), mediese student, Pretoria

“Ek dink die meeste van ons weet nie eintlik waaroor Jeugdag gaan nie. Ons sien dit net as ‘n lekker af dag en dis wonderlik, want wie wil nie nog ‘n vakansiedag hê nie? Maar is dit vir my belangrik om die rede daaragter te weet? Nie regtig nie. En dis sleg, want dit is so ‘n groot deel van ons land se geskiedenis. Ek dink ons word gebreinspoel om groot waarde te heg aan dinge in ons verlede wat nie eintlik meer van toepassing is nie. Ek dink ons moet eerder meer bewustheid kweek oor kwessies soos xenophobia. Ons moet eerder iets produktiefs doen.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Jake Stolts (19), programorganiseerder by ‘n radiostasie, Pretoria.

“Ek het nie eers geweet dis Jeugdag nie.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Gerda Kriel (28), kliniese sielkundige, Kaapstad

“Ek dink dis goed dat die rol wat die jeug gespeel het in die stryd teen apartheid herroep word, maar ek sal persoonlik wil sien hoe die dag gebruik word om momentum te skep vir programme wat die huidige jeug in staat stel om hul volle potensiaal te ontwikkel en tot ‘n meer positiewe Suid-Afrika by te dra. Dis bietjie meer werd as die stadiums vol sterre wat nou bespreek word om die jeug maar net te vermaak.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Hannes van Oudsthoorn (28),  digitale Inhoudsvervaardiger by dorpskoerant, Standerton.

“Ek gaan bietjie laat-lê en dan voor die TV inskuif.”

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: SA-nuus, Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Wéér ‘n dag om die boodskap van verset te vernuwe teen o.a. Afrikaans. Glo nie dat dit positief gebruik sal word maar ek kan verkeerd wees omdat ek na geen toesprake gaan luister maar eerder met kinders wegkruipertjie sal speel.
Dink net hoe lekker dit sal wees daar om die hoenderhok, beeskraal, swembad, geboue ens.

Ampie ·

Deur die ANC dae soos Mei dag, Sharpville dag en Soweto dag te ondersteun is ‘n inkoop in die regime se diskriminasie teen blankes, asook dat een groep se geskiedenis teenoor ‘n ander moet domineer. Dit is ook steun vir hul ideologie van sosialisme-kommunisme-korrupsie-wraaklus-planloosheid en onbetrokenheid. Vier eerder Afrikaner vakansiedae.

Chris v R ·

Iets wat mynsinsiens verswyg word , en wat tog belangrik is, is die feit dat hierdie opstand van 1976 nie spontaan ontstaan het nie , maar geskied het op inisiatief en aansporing van die PAC (nie die ANC nie). Die kinders is dus , op n tipiese lafhartige wyse , voorgestoot as kanonvoer.

Emile ·

In lig van die huidige verswakkende onderwysdienslewering onder die ANC, blyk dit dat die ’76 opstande gefaal het in hul doelwit en dat hulle net nog “handige idiote” was in die kommunistiese spel om in SA mag oor te neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.