Jeugdige in hof oor Kovsie-dosent se moord

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

ʼn 18-jarige wat glo ʼn dosent aan die Universiteit van die Vrystaat vermoor het, het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

“Die saak teen Khethang Abednego Ramolula is tot 3 November uitgestel waar hy formeel sal aansoek doen om borgtog,” het konst. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy bly in aanhouding.

Ramolula is Saterdagaand in verband met die moord op Lehlohonolo Mathengtheng (27) in hegtenis geneem.

Mathengtheng se vriende het hom Sondag, 28 September, dood aangetref in sy woonstel in Willows, Bloemfontein. Hulle het dadelik die polisie ontbied. Hy is keelaf gesny.

Mathengtheng was ʼn nagraadse student en dosent in die departement van mediese mikrobiologie en virologie aan die UV.

Ramolula is glo ʼn Graad 10-leerling by ʼn plaaslike hoërskool en was glo een van Mathengtheng se vriende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.