Jeugdige vas vir moord op lektor

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 18-jarige hoërskoolleerling is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn dosent van die Universiteit van die Vrystaat, het die polisie Sondag gesê.

Konst. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die jeugdige is Saterdagaand in hegtenis geneem. “Lehlohonolo Mathengtheng (27) se vriende het hom Sondag, 28 September, dood aangetref in sy woonstel in Willows, Bloemfontein,” het Mpakane gesê. Hy is keelaf gesny.

Mpakane het gesê die jeugdige was glo vriende met Mathengtheng. “Hy is ʼn gr. 10-leerling by een van die hoërskole in die area.”

Hy sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

‘n Mens mag seker nie sê wat jy dink regtig gebeur het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.