‘Jeugdiges’ stig glo brand wat treinwaens verwoes

Die brandende treinwaens. (Foto: Verskaf)

ʼn Groep jeugdiges wat by Transnet se instandhoudingstasie in die Bloemfonteinse middestad gewaar is, is glo verantwoordelik vir die brandstigtingvoorval waartydens 24 treinwaens verwoes is.

Die polisie het vroeër gesê ʼn werknemer van die Passasierspooragentskap (Prasa) het omstreeks 14:30 Saterdag rook uit ’n klomp treinwaens sien borrel wat langs die treinspoor gestaan het.

Die Shosholoza Meyl-treinwaens was nie in gebruik nie, maar wel geoormerk vir opknapping en herstelwerk.

Volgens Fikile Mbalula, minister van vervoer, is ʼn groep jeugdiges vroeër by die perseel opgemerk en daarna verwyder. Dieselfde groep het glo Saterdag teruggekeer en twee treinwaens aan die brand gesteek.

Mbalula het die skade wat aangerig is op sowat R90 miljoen geskat en die voorval as ʼn “suiwer daad van misdadigheid” bestempel.

Geen dienste word deur die voorval geraak nie, maar kritiek noodsaaklike kabels by die depot is beskadig.

Die ondersoek na die voorval duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Mbalula het egter beloof dat daar spoedig opgetree sal word.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die Parkweg-polisiestasie by 051 507 6000 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bietjie baie ·

Wie gebruik meestal die treine??

Die EFF wat agter die trein skole universiteite biblioteke se brande staan pluk n lekker lat vir hulle self.
Julius leer hulle mooi om onregeerbaar te wees. Hy is dom as hy dink hulle gaan nie dieselfde doen met sy regering nie.
Wys my ENIGE IETS positief wat die EFF al in hierdie land gedoen het? ZERO- NET MOOI NIKS.

EFF is soos parasiete wat teer op ander partye se foute.
Daar kom niks positiefs uit Malema se mond uit nie. Hulle doen net mooi niks om die land op te bou nie.

RINA ·

En weereens sal niks gebeur nie. Hulle is minderjarig en in ouers se sorg gelaat. EK SE VERHOOR HULLE AS VOLWASSENES HULLE WEET WAT HULLE DOEN. Dis nie net stoutigheid nie.

Juffrou ·

Suiwer daad van misdadigheid Fikile? Sorrie. Jy slaan die bal mis. Dis suiwer terrorisme!

Pieter ·

Hierdie is nie ‘n daad van misdadigheid nie. Dit is verraad teen ons land, terrorisme deur eie burgers in die ergste graad. As daar so na baie van hierdie voorvalle gekyk word kan die wet ‘n groter effek hê as tans.

Attie ·

Onthou nie wie sit in die parlement…revolusionêres. Hul is volmag gegee om hul stryd teen burgers voort te sit, kamstig in ‘n “wettige” hoedanigheid.

toy ·

Hul jeugdigheid is gladnie ‘n verskoning vir wat hulle gedoen het nie, Hulle het baie goed geweet wat hulle doen.

Lou ·

Die ANC het vir jare lank die voorbeeld gestel deur skole, munisipale en regerings geboue, treine , busse ens af te brand as hulle nie hulle sin kon kry nie. So wat verwag hulle nou van die jeugdige kriminele ? As dit nie was dat dit die belastingbetalers se geld is wat so opgaan in vlamme nie sou ek my verlustig het in die situasie waarin die ANC hulle nou bevind.

Poppie ·

Lou dan het die ANC die vermetelheid om President Trump te kritiseer. Suid Afrika is in chaos en niks word gedoen om te keer. Soos jy sê dis belasting mense se geld wat opgaan in vlamme. Of dit nou Eskom, SAL of wat ookal is dit is jy wat betaal. Suid Afrika is beslis niks meer om op trots te wees.

Bess ·

Malema verskyn op die verhoog saam met ryk jode en die kommunistisiese paety se leiers is jode…

Nita ·

Hierdie gebrand van treinwaens is ge-orkestreerde terrorisme. Eers Kaapstad, dan Johannesburg en nou Bloemfontein. Wie baat daarby as treindienste ontwrig word of spoorweë skade berokken word?

Kas ·

Julle kyk almal die stories agter die storie mis.Hoekom is dit nou skielik jeugdiges wat dit doen.’n Derde mag sit hier agter.Busmaatskappye en taxi organisasies kan nie uitgesluit word nie.Jeugdiges wat werkloos is sal baie doen vir ‘n par rand.

Steve ·

“Geoormerk vir instandhouding en opknapping” …. lol
Met watse geld?
Verlies =0

Proppie ·

Dis reg. Dalk sal prasa nou daar aan dink om sekurteid te kry

Adriaan Van Tonder ·

R4 mil vir ‘n treinwae wat in is vir restorasie en instandhouding werk? Ek dink nie so nie. Prasa wil nou lekker by versekering eis. Versekering gaan nie kan bewys in watter toestand dai waens was nie. En gaan hul al dai waens vervang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.