Jeugdiges verkrag, beroof glo ouma (76) en kleindogter

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Twee jeugdiges, onderskeidelik 15 en 18 jaar oud, het dié week in die landdroshof in Bloemhof in Noordwes verskyn op aanklag van die beweerde verkragting van ʼn bejaarde vrou en haar kleindogter.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigdes is op 9 April deur die polisie vasgetrek ná die beweerde voorval glo laat Sondagaand (8 April) plaasgevind het.

Makau sê die twee verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle gedwonge toegang tot die slagoffers se huis verkry het. Die slagoffers het glo geslaap ten tyde van die inbraak.

“Die verdagtes het na bewering die ouma en haar kleindogter beroof en verkrag, en toe gevlug met inkopies, skoene en selfone,” sê sy.

Makau sê sy is “gewalg” deur die voorval omdat die jong seuns volgens haar “sommer vir geen rede nie en sonder ʼn motief” na bewering die vroue verkrag het.

ʼn Voorlopige ondersoek het glo die 15-jarige en 18-jarige ook verbind met ander voorvalle van roof, huisroof en die besit van gesteelde goedere.

Makau sê die polisie het die verdagtes na dieselfde toneel in Bloemhof geneem waar die verdagtes volgens haar glo erken het dat hulle by ander misdade betrokke was.

Brig. Tshenolo Tlotleng, polisiebevelvoerder, het die Noordwes-polisie geloof vir die verdagtes se inhegtenisnemings. Tlotleng sê dié inhegtenisnemings is ʼn bewys dat geen misdadigers die lang arm van die gereg kan vryspring nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Alida ·

Walglik verby maar wat soek hulle in haar huis? 15 jaar oud behoort nog op skool en op 18 moes hy al gewerk het of weermag toe gegaan het. Ons kinders is op 18 jaar gedwing om weermag toe te gaan vir 2 jaar en daar is hulle geleer om volwasse te wees en nie bollie aan te jaag nie. Vandag is natuurlik ‘n ander storie !!!

Jane ·

Hulle gaan weer as TIENERS en minderjariges verhoor word en NIKS oorkom nie, word weer vrygelaat in die ouers se sorg om maar net met hulle wandade voort te ploeg. Hulle was reeds by vorige wandade betrokke .. en hier is hulle weer, en volgende week is hulle weer op ‘n ander plek .. ‘veilig in hulle ouers sorg’ dit is hoe ‘tieners’ wat misdade pleeg in SA behandel word, veral as jy van die regte mense afstam.

Se maar net ·

Gee hulle n goeie tronkstraf en gooi die sleutels weg.

agnee ·

Makau is gewalg omdat die seuns die vrouens verkrag het met geen motief of sommer met geen rede nie.
Het nie geweet as jy ‘n motief of rede het dan maak dit verkragting aanvaarbaar nie.

WALGLIK ·

Ons is natuurlik net so gewalg daaroor maar wag nog dat julle GEWALG word deur die 3 jarige, een jarige, 4 jarige en 9 jarige dogtertjies wat wreed verkrag en op plase vermoor is . ek hoor NIKS van julle nie. Of maak dit nie saak omdat dit boerekinders was wat deur volwasse mans herhaaldelik verkrag en daarna aan die brand gesteek of doodgeslaan of gekruisig is nie . ASB vertel my .. hoekom WALG net sekere voorvalle julle MAKAU??

Ella ·

#WALGLIK ek volg al die plaasaanvalle en het nie gelees van hierdie arme dogtertjies. Word dit weggesteek omdat die polisie bang is dit sit ons wittes op die oorlogspad? Plaas berigte en fotos van daardie wreedhede oral in die media, oorsee ook, dat almal kan sien waarmee boere te kampe het.
Die vrou se kommentaar op bg geval laat n bitter smaak in die mond.

@ Ella ·

Ja Ella, dit word uit die publieke oog gehou of daar word ‘n baie klein beriggie op bladsy ses van ‘n koerant geplaas. Die een dogtertjie was Willemien Potgieter wat deur die kop geskiet is, sy was slegs twee jaartjies oud. Die enetjie van 9 jaar was Kayla Meyer wat doodgeslaan is nadat haar familie uitgewis is. Die 3 jarige wat eers verkrag en toe aan die brand gesteek is onder koerantpapier se naam het ek nooit gesien in enige berig nie, ook nie die 4 jarige wat gekruisig is op die tafel en verkrag is terwyl haar ouers in hulle eie bloed gelê en gesterf het nie. Die name is nie eers bekend aan ons nie .. want hoofstroom media het nie daaroor berig nie. Die fotos is agterna in INTERNASIONALE videos vertoon!! Dit het gebeur … daar is oral bewyse maar die hoofstroom media probeer die goed wegsteek, want die boerekinders se lewens beteken niks nie. Dit is reeds op internasionale media vertoon .. maar me Sisulu ontken mos alles .. !

DD ·

Ditsem WALGLIK
Maar Makau sal nie ‘n dooie woord se nie. Maar ek en jy weet presies hoekom walg net sekere oortredings vir sekere mense…

Johan Barnard ·

Nie alle misdadigers word gevang en gevonnis nie. Zuma, Abrahams, Guptas, Zuma jr ens. Hang seker maar af hoeveel geld en politieke vriende jy het.

Denise ·

Nou hoekom sal iemand oor so iets walglik lieg dit is nie iets om oor te lieg nie !!!!

PJC ·

Nou sal hierdie twee seker weer te jonk wees om te vervolg en dan op eie verantwoordelikheid vry gelaat word sodat hulle kan verdwyn. Die beste raad wat ek het is om hulle aan die gemeenskap te oorhandig sodat die kan seker maak dat hulle nooit weer iemand verkrag nie.

AmY ·

Is dit die tipe kinders wat hulle saam ons kinders in die skole wil inforseer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.