Jeuglid met terugkeer van ANC-konferensie doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn lid van die ANC-jeugliga doodgeskiet is oomblikke nadat hy van die party se provinsiale konferensie by die Durban Universiteit van Tegnologie teruggekeer het.

Bongani Usher Mkhize (25) is vanoggend omstreeks 09:00 buite sy huis in Yose-rylaan in Umlazi se V-gedeelte doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê hy het van die ANC se konferensie teruggekeer toe hy geskiet is, maar hy het nie die konferensie as ʼn afgevaardigde bygewoon nie. Mkhize was die voorsitter van die ANC-Jeugliga se Coastal Kollege-tak. Hy was ook die president van die studenteraad by die kollege.

Volgens Naicker het Mkhize “beserings aan sy liggaam opgedoen” en is op die toneel dood verklaar. Die beweerde moordenaar is iemand wat Mkhize geken het.

“ʼn 29-jarige verdagte het homself by die polisie oorgegee en is in hegtenis geneem. Daar is ook beslag gelê op die vuurwapen wat gebruik is om die moord te pleeg. Die motief vir die moord is in dié stadium nie bekend nie,” het Naicker gesê.

Die verdagte sal volgende week in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elred Ferreira ·

Ek dink n mens kan met absolute sekerheid sê hierdie land het in n totale Piesang republiek ontaard.Ek wonder dikwels hoe voel die Liberales wat so n hoë verwagtig van die land gehad het!

O aarde ·

Die groot skoonmaakproses na die ander rakker gevang is vir transitoroof. Hierdie een was ook seker betrokke daarby.

Koos de Meyer. ·

Ek het eendag vir my buurman gesê, die ja stemmers gaan saam met ons swaarkry. Ons land is in die afgrond in deur ruggraatlose mense. Ons het verniet op die grens geveg vir wat.

Cherokee ·

Kosie, glo my vele ja-stemmers skryf nou op die forum as nee-stemmers.

Koos ·

Ja-stemmers het op strepe geëmmigreer. Net Piet en Max is oor.

humor ·

Die weggee het nie maar net in die oomblikke van onderhandeling plaasgevind nie. Dit het gebeur met n dekadelange s beplanninning. Dit het nie gebeur met swak onderhandelingstraregiee nie. Ons in SWA het hierdie rigtingverandering al sederd die later sewentigjare waargeneem met die wegbreek van die DTA uit die destydse nasionaleparty. n Lang beplanningstydperk het verloop.

humor ·

Die berig laat my dink aan korinkrieke
wat soos kanibale aan mekaar vreed.

SjN ·

Ja stemmers, onthou julle nog die plakkate op lamppale, eie skole, eie woongebiede, stem NP, dit is die regte ding om te doen, verraaiers

BvN ·

Mkhize was ‘n opregte en ordentlike man. Dis bitter jammer en aaklig dat lafhartige politiese opponente in rooi hemde so onregverdig te werk gaan om van opposisie ontslae te raak.

Elred Ferreira ·

Koos….ek stem saam dat dit n tragedie is dat ons nou moet suffer oor die Ja stemmers se slimgeid.Kan jy onthou hoe hulle ons nee stemmers uitgemaak het as regs,rassisties,agterlik….nou weet ons wie was toe agterlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.