Jeugliga kap Vavi, Malema oor teenkorrupsie-optog

Zwelinzima Vavi. Foto: Werner Beukes/SAPA

Zwelinzima Vavi. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-jeugliga het uitgevaar teen Zwelinzima Vavi, uitgeskopte hoofsekretaris van Cosatu en Julius Malema, leier van die EFF, oor hulle deelname aan teenkorrupsie-optogte.

“Ons is diep bekommerd oor die mense wat die teenkorrupsie-optogte gelei het. Zwelinzima Vavi het geen reg om te beweer hy is heilig nie nadat hy in op ʼn korrupte manier opgetree het, deur Cosatu in oneer te bring toe hy seks gehad het met ʼn junior werknemer,” het Njabulo Nzuza, sekretaris van die jeugliga, gesê.

Nzuza het Malema daarvan beskuldig dat hy sy party se fondse wanbestee en bygevoeg dat Malema geen reg het “om op ‘n hoë perd te ry en hom self voor te doen as ʼn bewaarder van alles wat reg is” nie.

Burgerlike organisasies, kerkleiers, politici en vakbonde het Woensdag ʼn optog na die Uniegebou in Pretoria gehou om te eis dat die regering korrupsie uitroei. Vavi, Malema, Bantu Holomisa en Irvin Jim was van die bekende mense wat aan die optog deelgeneem het.

Nzuza het gesê die optog was ʼn publisiteitsfoefie om die ANC as ʼn korrupte organisasie uit te beeld. “Die ANC is nie korrup nie, dit is ʼn organisasie wat verbind is tot die skep van ʼn nasionale demokratiese samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lynette ·

Hahaha!!!!!! Daar is niemand so blind soos hy wat nie WIL sien nie!!!!!!

pop ·

Dis nou mooi, dis nou blerrie mooi ne. Vavi kan nie seks he met iemand nie, maar Zuma en die res van die wereld kan. Klink my hulle wou net ontslae raak van Vavi en toe na die seks strooihalm gryp. Eish!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.