Jeugliga van aanhitsing aangekla

Die ANC-jeugliga is strafregtelik aangekla van aanhitsing tot geweld.

John Moodey, die DA se leier in Gauteng, Makashule Gana en Michele Clarke het dié klag Woensdag aanhangig gemaak by Johannesburg-Sentraal se polisiestasie.

Dit volg ná die jeugliga se byeenkoms in Germiston waar lede hul steun vir pres. Zuma uitgespreek en mense wat beplan om Vrydag 7 April aan optogte teen Zuma deel te neem met geweld gedreig het.

Die DA het sy aanvanklike planne om na Luthuli Huis in Johannesburg op te ruk verander en besluit om eerder van die Westgate-stasie en die Rea Vaya-halte na die Mary Fitzgerald-plein te stap om sodoende die veiligheid van betogers te verseker.

Voorsitter van die ANC-jeugliga, Sifiso Mtsweni, het gesê die jeugliga sal vir die betogers wag met sjambokke en ander wapens.

“Ons wil vir Maimane en sy DA-maatjies sê, ons wag vir julle. Vrydag sal julle die jeugliga in aksie sien met sjambokke en enige ander wapens wat ons in die hande kan kry,” het Mtsweni gesê.

Khulekani Skhosana, sekretaris-generaal van die kongres vir Suid-Afrikaanse studente (Cosas), het gesê die jeugliga sal die hoofkantoor van die EFF gaan afbrand indien die EFF-LP’s aanhou om pres. Zuma sonder respek te hanteer.

Moodey het gesê die DA sal nie geïntimideer word deur hierdie soort praatjies nie. Hy het bygevoeg dat dit strafregtelik ondersoek moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Willem ·

MM mag ek iets vra die ANC wapen wat beteken dit want as ek na die prentjie kyk sien ek n spies hamer en iets wat lyk na papier of geld so maw wat ek dan verstaan is WE WILL STAB YOU BEAT YOU AND TAKE YOUR MONEY
Ek vra onverskoning maar ek is nie n geleerde nie so my brein maak sin op n eenvoudige manier van goed wat ek nie vetstaan nie

Pik ·

Nou verstaan ek nie meer nie eers brand ons alles af want hulle pres. wil nie gratis onderwys gee, dan brand hulle alles oor swak diens weereens hulle pres, dan brand hulle alles af want daar is nie werk nie, dan voeter die pres, die land op met sy besluite dan wil hulle weer brand en plunder dink hulle soek rede om te brand en te steel of ek is net te dom om al die goed te verstaan

w ·

Aitog hu onverdraagsaam. Waar mense vreedsaam kan betoog wil anc jeugliga dreig met geweld. Dink hulle hul alleen reg tog betogings. Al verskil more se betogings sal vreedsaam wees maar anc wil afbrand en afbreek. SIES

Kry vir julle DA ·

WOW het die DA uiteindelik ook wakkergeskrik? Tot nou toe moes Afriforum alleen veg teen die EFF en ANCYL se aanhitsing tot geweld. Toe die WITTES gedreig was was dit FINE, nou dat die (swart) DA lede se sterte gaan brand, nou skielik neem hulle AANHITSING ernstig op. Dit is ongelukkig iets wat mense in AFRIKA nooit sal verstaan nie. VANDAG is jy AANHITSER, more is jy in die PARLEMENT. Nou het jy ander geleer om mense aan te hits, nou betoog hulle teen jou en gooi jou met klippe en brand universiteite af. Dit gaan oor die BEGINSEL, jy kannie toelaat dat jou eie mense vandag gewelddadig optree en more verwag jy moet hulle stilsit in ‘n vergadering en onderhandel nie. EK IS SO BLY die DA kry slae, beslis het hulle nie meer my wit stem nie. MMUSI het duidelik gewys wie hy is en wat hy wil he. KRY vir jou! ANCYL wag vir julle, en as daar wittetjies is wat DOM genoeg is om saam te strike gaan julle gaaie eerste klap.

Afrikaanse Knaap ·

Die ANC ken net 1 strategie. Verbrand of pynig jou opposisie.

Sampie ·

Mens sien sommer op hul logo, n spies, hammer en die rassekaart.

jaco ·

Volgens die bedrog gaan die DA nie na Luthuli-huis opruk nie, maar van Luthuli-huis af beweeg. Hulle gaan dus by Luthuli-huis begin en steeds hulle mense in gevaar stel. Iets in dié berig maak nie sin nie.

John ·

Die ANC wil heel moontlik onderonsies aanmoedig om die polisie en sy nuwe veldmaarskalk betrokke te kry. Nog maatreels, veral later in April, is nie uitgesluit nie om sodoende die ANC se kritici se bewegings te beperk. Militarisme le na aan Zuma se hart.

Piet ·

Die blankes moet die EFF los dat hulle gaan betoog. Hulle het ten minste jare se ondervinding in geweld. Sal graag wil sien hoe die jeugliga die oud jeugliga takel. As mens naief genoeg is om te glo dat die tipe goed vreedsaam kan wees moet jy maar gaan, moet net nie se jy is nie gewaarsku nie.

Johann ·

Onaantasbaar; verhewe bo als en almal; getroue skoothondjies en handpoppe van.die.Zumaikie kader. Skroom nie om te breek en te brand en verwoes in die naam van NUMBA WHONE nie. En met die nuwe minister van polisie…ja wel…kom ons kyk saam met die res van wereld hoe.rommel lyk

Janie Monsieur ·

Dagsê Lynette.
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskonig vir die oorsig. Die berig is reeds gwysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

koos1 ·

Hierdie ding is baie groter as net ‘n optog. Dink bietjie aan Zim. As jy saam met my stem loop ons lekker saam, indien nie gebruik ek geweld teen jou om jou te oortuig om saam met my te stem.

Attie van R ·

Lyk my die DA is besig om wakker te skrik …of is dit maar net weer die gebruiklike opportunisme?

Katryn ·

Julle ouks! Die koel is deur die kerk!Ons is nou behoorlik in Afrika!! Gatkant and all

franje van spanje ·

Ek sien nogal uit na die spektakel. Twee honde baklei oor n been….
Ons God is in beheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.