Jeugliga wil Tafelberg vir inisiasies oormerk

tafelberg

Argieffoto

Die ANC-jeugliga in die Wes-Kaap het versoek dat Tafelberg beskikbaar gemaak moet word vir inisiasieseremonies.

Siyabulela Tom, ’n woordvoerder van die jeugliga, het gesê daar is ʼn tekort aan grond vir inisiasieseremonies in die Wes-Kaap. Hy het gesê die praktyk moet volgens tradisie in areas plaasvind waar daar nie baie mense, veral vroue, verbygaan nie. Volgens Tom word dié tradisie nie behoorlik onderhou in die Wes-Kaap nie weens ʼn tekort aan spasie.

Tom het gesê inisiasiepraktyke moet dus dikwels naby treinstasies en hoofweë plaasvind. “In ’n provinsie waar ons ons diverse kulturele erfenis behoort te respekteer word dié Afrika-tradisie nie die respek gegee wat dit verdien nie weens die tekort aan spasie.”

Tom het gesê die ANC-jeugliga meen ʼn gedeelte van Tafelberg moet beskikbaar gemaak word vir tradisionele seremonies aangesien die reservaat, as ’n nasionale erfenisgebied, die nodige privaatheid sal bied. “Tafelberg is ver weg van gemeenskappe en daar is genoeg plek vir jong mans van regoor die provinsie wat aan die praktyk deelneem.”

Tom het gesê die provinsiale regering moet maniere vind om seker te maak dat die praktyk van inisiasieskole beskerm en behoorlik gemonitor word. “Ons glo dat inisiasiepraktyke ’n sentrale en die belangrikste tradisie onder die Afrika-gemeenskappe is. Die regering moet dus almal in die provinsie op gelyke grond hanteer en hierdie tradisie die nodige respek gee wat dit in ons multi-kulturele samelewing verdien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rissiepit ·

Heng Peet, ek moes nou 2 keer kyk hoekom jy so vrek baie spelfoute maak… Toe sien ek dis Pieter, amper gedink jy is onder die prop… Skies!!!

Pieter dp ·

Die is n by geloof wat geen water dra. Al wat dit voort bring is n buter smaak om die mond. Die is n praktyt wat sekere mans ontneem van hul manlikhuid permanent. Dis hoe vaniger hul van die onslaa raak hoe beter. Mense moet goeie praktuike by hul huise begin en beter opvouding aan die jonger geslag te weeg bring.

Pierre Celliers ·

Pieter dp, wow! Jou spelling is verskriklik sleg, hoe kry jy dit reg?!

SE MAAR NET ·

HULLE KAN NET DEMAND, DAAR IS NIE GROND SPASIE NIE, WANT DIS NIE HUL GROND VAN OORSPRONG NIE, HUL MOET TERUG SKOOL TOE GAAN, WIL HUL NOU BERG TEIKEN SOOS HUL STANDBEELDE GETEIKEN HET. PLAAS HELP OPBOU BREEK HUL NET AF.

J Cocklin ·

Wat is die verskil tussen hulle inisiasie proses( behalwe bloed en verminking ) en die ontgroening by universiteite en skole? Een word verbied en die ander word toegestaan.

MJL ·

Daardie omgewing gaan nie werk nie. Dit is die blyplek van die Tokkelos.

HEVW ·

Die hele vertoe is deurspek met die volgende terme soos, diverse kulturele erfenis, dradisionele seremonies, nasionale erfenisgebied, nodige privaatheid en multikulturele sameleing. Kan alle volke en gemeenskappe daarop aanspraak maak en aan hul gegun word, behalwe die blanke Afrikanervolk.

TM ·

Te min grond? Hoeveel grond het hulle dan nodig vir dit? Jy vat tog seker ‘n hanteerbare aantal op ‘n slag? En het hulle al van ‘n tent gehoor? Dan hoef hulle nie bekommerd te wees oor ander mense wat hulle sal pla nie. En miskien moet iemand net vir hulle se Tafelberg is ‘n toeriste aantreklikheid, daar is baie mense daar. Maak ‘n plan jy “demand” nie net nie.

Cathy Kotze ·

Daar is tot dusver reeds veertien jong seuns dood tydens inisiasie in die Oos-Kaap. Dis ‘n barbaarse tradisie en verskil weinig van die genitale verminking van klein dogtertjies.

Ergste van alles, jong seuns word geïntimideer om deel te neem en ouers moet groot bedrae geld aan die jeugliga en sogenaamde “tradisionele dokters” betaal.

Mens kan verstaan as sulke praktyke steeds in Donker Afrika plaasvind, maar in Suid-Afrika?

Riana ·

Wat ‘n klomp absolute snert! Cathy Kotze jy slaan die spyker op die kop, dis barbaars. Kan nie glo dat die tradisie nog bestaan nie, ek weet ook dat daar van die jonger ouers is en glad nie daarmee saam stem nie en nie wil he hul seuns moet dit deurgaan nie. Maar sodra hul dan by die ouma’s en oupa’s gaan kuier vat die hulle na die proses toe. Dit het dan ook gebeur dat die arme seun terug gekom het van so ‘n barbaarse slagting en amper sy manlikheid verloor het a.g.v sepsis ens. Nou wonder ek net wat het onskuldige ontgroening let wel “in goeie gees” nou uit te waai met die barbaarse tradisie???? Jy kan mos onmoontlik die twee met mekaar vergelyk?

Thea Gerber ·

Na die inisiasie voltooi is, smeer hulle, hulleself bloedrooi met klei ter voorbereiding om kaalbas met net n stertriem aan bergaf te kom. (Waar hulle deur die meisies met latte deur die strate gejaag word). Die heel laaste wat hulle doen voor hulle loop, is om die hutte aan die brand te steek. Vergeet van die vure blus, hulle het nie lus daarvoor nie. Dink net hoe gaan Tafelberg jaarliks lyk van wie weet hoeveel hutte wat brand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.