Jeugpastoor doen hom glo as meisie voor vir porno

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 26-jarige jeugpastoor is in hegtenis geneem vir die besit van kinderpornografie en die versuim om kennis van die uitvoering van seksuele dade met kinders aan te meld.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die pastoor is werksaam by ʼn kerk in Rondebosch in Kaapstad. “Hy is op 31 Augustus deur die ouers van ʼn beweerde 14-jarige slagoffer by die polisie aangemeld,” het Naidoo gesê.

Volgens Naidoo het die reeksmisdrywe- en elektroniese misdaadondersoekeenheid van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS), die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) en die Amerikaanse eenheid vir binnelandse veiligheid saam die saak ondersoek voordat hul die verdagte op 5 September by die kerk vasgetrek het.

Volgens Naidoo het die pastoor glo tot soveel as 60 slagoffers gehad.

“Die polisie het tydens sy in hegtenisname beslag gelê op verskeie selfone, ʼn skootrekenaar en geheuekaarte wat gestuur sal word vir analise,” het Naidoo gesê.

Die verdagte het glo by die slagoffers se sosiale media rekeninge “ingebreek” en kaal foto’s met seuns in die kerk uitgeruil terwyl hy voorgegee het hy is ʼn meisie.

Die verdagte sal Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn. Volgens Naidoo sal bykomende aanklagte mettertyd bygevoeg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Denise ·

En dit is nou n man wat vir GOD werk kan n mens dan nou niemand meer vertrou nie??????
En die skade wat gedoen is aan die kinders ek het nie woorde nie!!!

Johan ·

Hoe kan mense nog dink hulle kan met so iets wegkom ?
Sosiale media is vir my deel van wat Jesus sê “Daar is niks geheim wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en aan die lig sal kom nie.”
LUKAS 8:17

Wonder ·

Ongelukkig word die Here se naam gebruik vir die manupuleringswaarde daarvan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.