Jhb-botsing eis drie

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto: ER24

Drie mense is dood en vyf beseer, nadat ʼn motor en ʼn bakkie Dinsdagaand reg van voor in Johannesburg gebots het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het in Dobsonville naby Main Reefweg plaasgevind.

“Drie van die mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Daar kon ongelukkig niks vir hulle gedoen word nie,” het Rossouw gesê.

Die mense wat beseer is se beserings wissel van gering tot ernstig. Die beseerdes is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die botsing kom kort nadat die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) Maandag bekend gemaak het dat die afgelope naweek een van die dodelikste nog vanjaar op Suid-Afrika se paaie was toe altesaam 141 mense in motorongelukke dood is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.