JHB-brand geblus

Rook van die fabriek wat gebrand het. Foto: @PigSpotter / Twitter

Rook van die fabriek wat gebrand het. Foto: @PigSpotter / Twitter

Brandbestryders het Donderdag ses ure lank gespook om ʼn groot brand by ʼn fabriek in die Denver-nywerheidsgebied in Johannesburg-sentraal te blus.

“Die brand het omstreeks 05:00 uitgebreek en is teen 11:00 onder beheer gebring,” het Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê.

Slegs een persoon, ʼn werker, is beseer. “Die man het vanoggend die gebou betree en tevergeefs probeer om die brand te blus. Hy het sy voet geswik toe hy uit die brandende gebou gehardloop het.”

Dik rookwolke het sigbaarheid op die M2-snelweg naby die Cleveland-afrit belemmer.

Die omvang van die skade en oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die fabriek vervaardig ink vir drukkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.