Meer as 100 plakkershuise het Donderdagmiddag tot op die grond afgebrand by die Jumpers informele nedersetting oos van Johannesburg.
Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, het gesê die brand het omstreeks 12:00 uitgebreek en brandbestryders was teen 14:00 steeds op die toneel.
Een persoon het derdegraadse brandwonde opgedoen. “Hy is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal,” het Mulaudzi gesê. Twee mense is vir rookinaseming behandel.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Tussen 200 en 300 mense is dakloos gelaat.
Solank as wat daar plakkers is, en dit sal altyd daar wees, sal daar brande ontstaan meestal vanweë menslike foute en/of agtelosigheid.
Stem saam dat solank daar plakkers is sal daar brande wees. Die stelling dat dit ontstaan meestal weens menslike foute of agtelosigheid is ook seker regverdig. Wat ons nie moet vergeet nie is die toestande waarin die plakkers lewe en dat vlam deel is van hulle alledaagse lewe want daar is geen ander geriewe nie. Voel jammer vir die mense wat sonder heenkome sit