Jhb-burgemeester bedank dalk oor Zille

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg. (Foto: ANA)

Herman Mashaba, Stad Johannesburg se burgemeester, sal Maandag ʼn perskonferensie hou ná Helen Zille die afgelope naweek as voorsitter van die Demokratiese Alliansie se federale raad aangewys is.

Zille vervang veteraan raadsvoorsitter James Selfe, wat uit die amp getree het ná hy sy bedanking aangekondig na die algemene verkiesing op 8 Mei 2019.

Naweekberigte dui daarop dat Mashaba na verwagting sy uittrede gaan aankondig nadat hy aan die DA-binnekring gesê het hy sal bedank as Zille as voorsitter van die federale raad aangewys word.

Mashaba werk nou saam met die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in die raadskamer. Die rooi barette stem op ʼn kwessiebasis.

Die DA-burgemeester het in Augustus nog ʼn mosie van wantroue oorleef ná die ANC onverwags die mosie teen hom teruggetrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Die Waarheid ·

Daar is tyd om te kom – En daar is tyd om te gaan – Koebaai …………………………. almal se harte gaan sekerlik baie seer wees en sal verskriklik na jou verlang . Gelukkig is daar wyn op die rakke beskikbaar .

Mb ·

Ek gaan nou, soos my kleindogter vra op nuus wat sy nie weet hoe om dit te hanteer nie, vra (met my tong in die kies,). Is dit nou goed of sleg?

Kallie ·

Baie goeie nuus vir die ANC. Hulle sal die metro weer oorneem.

John ·

Die DA se dood gaan deur hul agterryer se rooi hand bewerk word… Die ANC benut die EFF se betrokkenheid terdeè. Waarom oorhaastig samewerking met ‘n gifbol begin het weet net hulle.

Jimmy ·

Nog bedankings gaan volg. Die DA is op die rand van die afgrond.

T ·

Ek stem DA is op afgrond en het dubbel standaarde. Ek dog hull is vir almal? Nee wat … altyd hidden agenda

Maljan ·

Wel Etienne, Hy het baie meer reggekry as sy voorganger. Die vrou was, myns insiens, die DA se grootste fout.

Wonder net ·

Goed of sleg.
Ek weet nie.
Alles is in elkgeval deurmekaar en chaoties.
DA burgemeester kan ook nie wondere verrig sonder ‘n goeie steunbasis nie.
Ongelukkig maak ons regering met hulle beloftes en beleid van KRY net dit onmoontlik vir eninge iemand om ‘n beleid van ” betaal vir wat jy gebruik” te implimenteer.
Waaroor ek eintlik wonder is: Is daar nou ‘n goue handdruk en pensieon betrokke?
Hoeveel pensioen bou jy nou op in so paar jaar.

aj ·

Mashaba, die EFF se “gunsteling burgemeester” se lot was lankal verseël … hy het maar “gespring” voordat hy uit “gestoot” word!

GOOD RIDDANCE Mashaba!

Julle sal moet leer om MERIETE toe te pas by aanstellings i.p.v. velkleur!

JohanL ·

So Herman, is dit ‘n persoonlikheidsbotsig of ‘n rasse-botsing?

koos ·

Ruik ek ‘n rasse ondertoon of hou hy nie van Hellen nie of besef hy ook dan nou dat die DA in die afgrond in is?

Genieve ·

En nou gaan alles op die lappe kom wat geheim gehou was hulle werk mos maar so.

Joon ·

Hoekom mense sleg maak voor julle goed kennis het van hom is nie reg. Wys hoe dof julle is. Herman is nie so sleg. Probeer julle JHB be stuur! Ek sou ook bedank het. Ziller te kies was n fout en ek sal nie my hoop op haar sit nie. Good bye DA hallow VF

Devil ·

Jy wou al LAAANKAL oor EFF toe gegaan het! Niemand gaan jou mis nie, jy is vervangbaar, koebaai!

Linda ·

Ek stem saam met Mashaba, Zille hoort nie in die DA nie !!!

Hannetjie ·

Linda en stem saam.Zille het baie goeie werk gedoen in haar tyd.Niks persoonlik nie…maar sy moet nou jonger mense kans gee om in te kom.Dit is ‘n baie verantwoordelike pos…sy moes haar nie verkiesbaar gestel het niem

marous ·

Hoekom vat hulle nie handjies soos in die ou dae en gaan wandel in die strate nie ?

Hendrik van George ·

Die burgemeester het werklik goeie werk gedoen in Johannesburg, veral na die gemors wat die die ANC agter gelaat is.
Net ‘n bewys dat die idiaal van ‘n nie-rassige samelewing deur die DA nie haalbaar is nie…

Linda ·

Zille was verantwoordelik vir die ondergang van die DA. Destyds was sy n sap by Sussman. Toe DA toe en laat n swarte DA oorneem. Sy het naderhand weg gehardloop, nou hardloop sy terug nadat haar geld klaar is !! Baie mense is ontevrede !!!

Linda ·

Mashaba het baie korrupsie sover uitgesorteer in hierdie munisipaliteit !!!

Pieter ·

Die DA se agteruitgang het begin met hoe hulle Zille hanteer het; Toe die Patricia fiasko (steeds weet niemand wat daar aangaan), hulle blindelingse ondersteuning vir Ashwin Willemse en dan geen woord oor Mashaba se anti- Isreal retoriek en optrede nie, ontslaan mense wat Israel goedgesind is. Laastens, die ANC val uitmekaar en die gebrek aan geko-ordineerde stratgie het die bus sien kom en gaan – Mashaba groet die sinkende skip.

Swanna ·

Nou wys hy eintlik sy ware kleure en wie hy retig is en so daar baie wat nie is wat hul retig ia nie.

Die Skim ·

Mashaba het Johannesburg begin regruk ek verstaan sy optrede – jy maak eenvoudig nie “vuur ” met ou hout nie .

Groete ·

Wens meer wil hulle wip en bedank. Hanna en Linda, ek glo ook Zille verdien meer. Sou gaaf wees as sy by die VF sou aansluit.

Gert ·

Asseblief spaar ons ‘n Zille by die VF+, sy sal dit ook verwoes soos alles waaraan sy raak.

Die Waarheid ·

En die Diane Choler Barnard se naam kan bygevoeg word – Asook die Van Damme aangeleentheid – Asook om dat die party “Eintlik Leierloos is” – So kan dit aangaan .
Baie slegte reputasie – Veral teenoor vroue .

Peet ·

Laat my só dink aan die onsinnighede in VSA waar dit blykbaar meer belangrik om onmin te saai as wat dit is om goeie regering en stabiliteit te vestig.

humor ·

Hoe het ons nou onlangs gelees? Ras is die groot olifant in die kamer.

Jan ·

Hy weet as hy nie nou bedank nie sal sy wasgoed in elk geval een van die dae uitkom, hy en die Eef se onder die tafel boetie boetie streke gaan uitkom, ANC het hom in elk geval al lankal aan hulle kant

riaan ·

Goeie werk vir alle inwoners van Jhb of vir een bevolkingsgroep?

K P ·

Jy het elkgeval net vir jou eie sak gewerk. So sny nou maar lekker grassies elkedag. Jy was elkgeval daar omdat julle bereid was om met die duiwel in die bed te klim

Foxi ·

Ooh nee Linda, dis is NIE waar nie. Waar suig jy dit uit! -Omdat Zille n sterk vrou in die politiek is, raak die verraaiers bang. Zille weet presies wat sy doen, moet haar nie onderskat nie. Die DA sou nie bestaan het as dit nie vir Zille was nie hoor. Links en regs sal almal kan sien wie nou gaan padgee in die DA. WAT STEEK Mashaba weg en hoekom gee hy nou so vinnig pad? Hy is n regte ‘jointer’ wat oorloop na die eff . Mag Zille se pad in die DA die sterkste ooit wees as tevore. En sy het beslis NIE geld nodig nie.

Ema ·

En dit is belangrik…hoekom? DA wie is DA? lankal van hulle vergeet. Hulle is niks beter as ANC nie. Hou ook maar die hande oop soos ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.