Jhb-burgemeester dreig Eskom met Nersa

(Foto: Twitter)

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, dreig om ʼn dispuut met Eskom by die nasionale energiereguleerder in te stel.

Die dreigement kom ná die kragvoorsiener se besluit om nié elektrisiteit na gebiede weer aan te skakel wat weens onwettige verbindings en peutery met meterlesings afgesny is nie.

Eskom het Woensdag nog volgehou hy gaan nié die krag aanskakel nie. Hy het gesê elektrisiteitstoevoer gaan net na wettige kliënte herstel word, op voorwaarde dat hulle Eskom se personeel toelaat om ʼn oudit te doen en onwettige verbindings te verwyder.

Eskom sukkel in verskeie gebiede in veral Gauteng met toerusting wat ingee. Dit lei tot oorlading, wat weer skade aan transformators en substasies veroorsaak.

Inwoners van Soweto skuld Eskom nagenoeg R15 miljard in agterstallige dienstegeld. Sommige gebiede in Johannesburg, waaronder dele van Soweto, Ivory Park, Orange Farm en Diepsloot, sit al drie maande lank sonder krag.

Mashaba het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy het gevra om binne 48 uur met Eskom te vergader. Eskom het glo kort tevore begin om hele gebiede af te skakel weens individuele inwoners se versuim om hulle rekeninge te betaal.

“Die Stad Johannesburg meng gewoonlik nie in by hoe Eskom sy sake doen nie, maar ek voel gedwing om in te gryp namens betalende inwoners wat onregverdig deur Eskom gestraf word weens die optrede van ʼn paar inwoners,” het Mashaba gesê.

“As die bewerings teen Eskom waar is, sal dit ʼn straf wees wat almal voor die voet raak, asook ʼn skending van inwoners se regte en ʼn growwe magsmisbruik.”

Mashaba het gesê Eskom het ʼn wetlike plig om elektrisiteit te verskaf aan inwoners wat hulle rekeninge betaal. Volgens hom is dit kommerwekkend dat die kragvoorsiener besluit het om nie infrastruktuur te herstel in gebiede met hoë vlakke van wanbetaling nie.

“Die Stad Johannesburg kan nie met sy hande gevou sit terwyl Eskom só oneties en onwettig optree nie. Ons het ʼn plig om ons wetsgehoorsame burgers te beskerm wat deur dié optrede geraak word.”

“As Eskom versuim om aan my versoek (om ʼn vergadering) te voldoen, gaan ek geen ander keuse hê as om te begin met dringende dispuutoplossingsmaatreëls by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) tussen die stad en Eskom nie,” het Mashaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Magda ·

Nee dis nie optrede van n paar inwoners wat nie krag betaal nie = seker 80%+ betaal nie krag nie – Die paar wat wel betaal lui nou ongelukkig onder dit, maar weereens – hoekom nie die mense wat NIE betaal se krag sny nie – hoekom die hele plek sn, maak nie sin nie.

Zorro ·

Hierdie keer ondersteun ek Eskom. Iemand moet iets aan die onwettige gebruikers doen.

Puik ·

Lagwekend net n paar betaal nie maar die skuld is 15 miljard grap van die jaar

KP ·

Ander dorpe waar wit inwoners voorafbetaalde meters het en moet krag koop en townships met onwettige aansluitings word die hele dorp afgesit. Het gelees Soweto skuld Eskom oor die R18 Miljard en styg jaarliks met R1 Miljard.
Dit hoekom hulle besig is om onder te gaan want alles word verniet belowe.

Pieter ·

Die probleem is hulle kannie dink nie my pa was 78 toe hy oorlede is en eendag vra ek vir my pa ek wonder wat gaan van ons land word en hy se vir my kyk net na ons buurlande daar is jou antw my kind

Al ·

As Eskom weier om krag aan te skakel by Soweto en ander gebiede, laat hul dit doen. Vir ñ slag doen hul die regte ding en dan word hul daaroor gekritiseer.

HARTSEER ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoe op dees aarde is hulle toegelaat, om sulke hoe agterstallige rekeninge te he.
As ek 1 mnd nie betaal nie word my krag summier gesny.
Hierdie is die bewys dat daar beheer moet wees oor alles – as daar nie, is nie beland ‘n land in die pekel waar ons nou is.
Mense moet besef iemand moet betaal vir wat jy gebruik en die wat KON betaal KAN nie meer nie.
My hart is seer – ons betaal nou meer vir elektrisiteit as vir KOS per mnd!

Vraagteken ·

So die DA word ook nou sosialisties??? Lekker man, lekker…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.