Jhb-burgemeester klop by AfriForum aan oor korrupsie

Adv. Gerrie Nel en Herman Mashaba. Foto: Verskaf.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het by AfriForum se privaatvervolgingseenheid aangeklop vir hulp in verband met korrupsiesake in Johannesburg.

Natasha Venter, mediaskakelbeampte van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die vergadering tussen die partye is Donderdagmiddag by Mashaba se kantore in Johannesburg gehou.

“Van AfriForum se kant af het Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, en Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, die vergadering met Mashaba bygewoon,” het Venter gesê.

Mashaba het die eenheid tydens die vergadering gevra om by korrupsiesake in te gryp wat klaarblyklik al jare lank sloer of waar persone eenvoudig nie vervolg word nie.

Nel het gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) versuim sy plig indien korrupsiesake met voldoende meriete vir vervolging vir jare lank sloer en die persone nie vervolg word nie.

“Niemand behoort bo die reg geag te word nie en AfriForum is vasbeslote om toe te sien dat gelykheid voor die reg geskied. Die privaatvervolgingseenheid sal na enige saak kyk wat Mashaba en sy administrasie na ons verwys en indien ons bevind dat daar prima facie-bewyse is om suksesvol te vervolg, sal ons privaat vervolging instel,” het Nel afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Irma ·

Mooi !!! Lankal nodig dat korrupsie daadwerklik aangespreek word.

John ·

Het die DA ook geldelike probleme en is hulle bang vir skerpskutters? AfriForum het baie geld. Hulle hol agter anties en se los bedrading aan en maak paaie vir die ANC reg. Sekerlik is daar ‘$ geldjie vir Gerrie & kie om nou ook vir Da-da te onderhou. Stem DA mense, dis besig om onder te gaan… ‘n Pers vinger in die lug vir die party met arm plaaslose boertjies agter sy blad! (Die Joodjies verlaat die sinkende skip. Hulle pak op. Ek ok.)

Fanie ·

John, gaan praat met iemand, dit sal help om perspektief op jou probleme te kry.

Anoniem ·

Nee Fanie, John se perspektief is vlymskerp en heel humoristies. ;-)

Andrea van Vuren ·

Hou asseblief op met ‘brain games’. Gee Gerrie Nel ‘n kans. Ons gaan hom in die nabye toekoms nog baie nodig kry.

1+1 ·

Waar ‘n rokie is, is daar iets. Hoop julle kry genoeg om die sake te vat. Ek het respek vir fluitjieblasers!

PW ·

Mooi so Afriforum! Dit begin duidelik raak dat julle stadig maar seker momentum begin kry.

Lola ·

Ek wil net weet wie het die pers genader vir die berig en foto…………

Celtis Africana ·

Minstens word daar darem nou iets gedoen en dit is verblydend.
Afri (o?) Forum probeer werklik hard. Dit laat my dink aan n supermark. Waar jy jaaaaare gelede n bakker (Rubins op Parys), n slagter, n klerewinkel, n apteek, n elektriese onderneming vir gloeilampe en batterye, n bloemiste, n vis en skyfiewinkel ensovoorts gekry het, is dit vervang met megawinkels en dié klein ondernemings het eenvoudig ondergegaan. Beter prys, reeks en dienslewering is belowe.
Ek hoop maar die mega aanslag op die teikenmark laat die geldtjies inrol tot voordeel van die Kaukasiese minderheid. Faktuureer die “living daylights” uit die DA.

Alida ·

Soos ek die berig verstaan het Mnr Mashaba vir Nel genader en nie andersom nie. Uiteraard sal Mashaba vir die diens betaal. Afriforum sal hulle fakture uitstuur vir dienste gelewer en dit sal betaal word soos in enige ander besigheid. Niemand werk verniet nie. Ek wens sommige kommentators wil ophou twak kwytraak.

Hennie ·

Wat n mooi storie! So help ons mekaar. So wil ons saam vorentoe beweeg!

Cherokee ·

Gerrie Nel ken ‘n kuns wat meeste van ons nog moet leer. Hoe op aarde hy dit regkry sal hy en die fotograaf alleen weet maar hy lyk altyd so beskeie as mogentlik …… alhoewèl… ek skielik besef dit is slegs dieselfde herhalende foto van hom (wat dit natuurlik makliker maak). Ag nevermaaind Gerrie, jy hèt jou merk gemaak en hoef nie opgeblase te lyk maar wees meer gemaklik want jy het meer aanhangers as wat jy besef. (miskien selfs gewese ((?)) Oscar aanhangers?) Relax Gerrie, ons ondersteun jou miskien meer as wat jy besef.

Eish ·

Dit staan soos n paal bo die water, Afriforum bou geloofwaardigheid oor alle grense heen. Sommige tot voordeel en andere tot nadeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.