Jhb-burgemeester oorleef mosie van wantroue

Herman Mashaba (Foto: Timothy Bernard/AfricanNewsAgency/ANA)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Donderdag ʼn mosie van wantroue teen hom oorleef ná die ANC die mosie teruggetrek het.

Die mosie van wantroue sou Donderdag gedebatteer word, maar die ANC het dit teruggetrek. Die ANC wil Mashaba in die pad steek oor beweerde finansiële probleme en swak dienslewering in die land se grootste metro.

Mashaba het, ná die mosie teruggetrek is, gesê hy is vies oor die manier hoe die ANC te werk gegaan het. Volgens hom het die party met die stad se inwoners “gespeel”.

“Waarom het die ANC ons tyd gemors en die mosie ter elfder ure onttrek? Dit is heeltemal onaanvaarbaar, dit is onvergeeflik,” het Mashaba gesê.

ANC-raadslid Jolidee Matongo het gesê hulle probeer ʼn paar aspekte finaliseer, aangesien kwessies aangeroer is, maar die party hanteer dit. “Ons kanselleer nie die mosie nie, ons trek dit slegs in hierdie stadium terug. Dit sal in September voor die vergadering dien.”

Honderde lede van die burgerorganisasie Sanco het buite die Johannesburgse raadskamer saamgedrom in afwagting van die uitslag van die mosie. Hulle het struggleliedjies gesing en plakkate rondgeswaai met die woorde “Mashaba moet gaan” daarop geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Manie van Worcester ·

weereens die anc wat hulle met beuselagtighede besig hou om aandag af te lei van hul onvermoee om iets te bereik. die land is in warboel maar hulle beskuldig een wat darm iets probeer doen van swak bestuur. pateties

Pieter ·

Miskien moet die klomp van die anc begin werk hulle het tyd vir nonsens dit is darm lekker om ons belasting geld wat ons so hard voor werk te mors ek sit eerder in die tronk as dit moet as om vir hulle verder geld te gee om so te mors

Magda ·

JA dienslewering is nie die beste nie – maar dit is 100% beter as wat dit was toe die ANC in Beheer was – Hoop die DA sal die Metro NOG lank hou want oor n tydperk van 25 jaar glo ek 100% dat dit 100% beter sal wees as wat dit was in die ANC tyd . Die NAC wil net MAshaba uit he want hy is besig om al die korrupsie bloot te stel, Hy kan ook nie 25 jaar se NIKS doen deur die NAC in 3 jaar reg ruk nie . LOS HOM UIT ANC – Julle is so korrupt dat julle nie eers goeie werk kan raak sien nie. ALL NATIONAL CRIMINALS- ANC

Magda ·

Askies vir die NAC – MOET ANC WEES – so bietjie disleksie vanoggend

Pieter ·

Een groot sirkus en ons belasting betalers se geld bly gemors word die hele anc is n grap

Heksie ·

Hulle wil hom net uit hê omdat hy sy werk reg doen. Doen so voort Mnr Mashaba, wens jy was die burgemeester van Ekurhuleni!

Faan ·

Hierdie ou kan gerus ingespan word as president. Ek het baie respek vir Mnr Mashaba, hy is daar vir die regte redes en nie om sy sakke vol te stop nie.

Mia Joubert ·

Ons kan die verskil agterkom vandat Herman Mashaba die Burgemeester is. Alles is nog nie 100% maar hy vorder en roei korrupsie uit en hy is sigbaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.