Jhb-burgemeester praat ná mosie

Herman Mashaba (Foto: Facebook)

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, en speaker Vasco da Gama het Donderdag die mosies van wantroue teen hulle oorleef.

Die ANC het Woensdag aangedui die party gaan poog om nóg ʼn mosie van wantroue teen Mashaba en Da Gama in te stel, al het die party nie die vereiste getal raadslede om sy mosie van wantroue te steun nie.

In September het die party se poging misluk om die mosie met ʼn geheime stemming te laat geskied.

Mashaba, ʼn DA-raadslid, het in Augustus verlede jaar die stad se burgemeester geword nadat die DA ʼn koalisie-ooreenkoms met kleiner partye aangegaan het om die ANC-beheerde raad ná die munisipale verkiesings te onttroon.

Mashaba is sedertdien op ʼn missie om korrupsie en misdaad in die stad uit te wis. Hy het nie gehuiwer om bedenklike senior amptenare uit sleutelposte te verwyder of om sommige kontrakte wat deur die stad se vorige administrasie aangegaan is, te hersien nie.

Mashaba het Donderdagaand in ʼn verklaring die geleentheid verwelkom om dit te boekstaaf dat die DA-beheerde koalisie-administrasie “die korrupte gemors wat die ANC nagelaat het”, skoonmaak.

“Vandag [Donderdag] se mosie deur die ANC was niks meer as ʼn desperate poging om weer beheer oor die stad se geldkoffers te kry nie om aan te hou met die korrupsie waarin dié party tot dusver geseëvier het,” het hy gesê.

“As gevolg van die ANC se onbeskaamde korrupte beheer, het die multi-party-regering korrupsie en bedrog van meer as R16,2 miljard ontbloot.”

Mashaba het gesê die ANC se verlies was ʼn oorwinning vir die hardwerkende staatsamptenare in Johannesburg. Hy het al die partye in die koalisie vir hul ondersteuning bedank en gesê die ANC moet “vrede maak” met die feit dat die mense van Johannesburg vir ʼn multi-party-regering gestem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cor ·

Mooi Mnr Mashaba, die ANC het van die begin af geweet hulle staan nie n kans nie. Hou so aan met goeie, betroubare en skoon diens. Die koruptenare maak benoude spronge maar sal nie vorder nie.

Stella Berning ·

Goed gesê mnr Mashaba. Feit is Herman Mashaba is n eerbare en dierbare mens. Kyk dis net te veel vir die ANC.
Alle sterkte Herman Mashaba. Seenwense

jaco ·

Ek sien ‘n ander foto word nou van díé man gebruik. Vroeër was daar een waar ‘n reusagtige goue horlosie op sy arm baie prominent vertoon het. So hy cash ook maar kekker in uit belastingbetalers se geld.

Vraagteken ·

@Jaco, pasop wat jy sê! Hy beraam dat daar al R16.2bn uit korrupsie van die ou regering ontdek is.

Hy is ‘n besigheidsman wat daardie horlosie heelwaarskynlik self gekoop het; voordat hy aan bewind geraak het. Daar was nie genoeg tyd vir hom om homself te help met belastingbetallers se geld nie!

Eish man ·

Eish man, die man kom nie van die straat af, hy is ‘n besigheidsman en kan beslis met sy persoonlike geld doen wat hy wil. Hy het al klaar die huis wat almal so graag sou wou upgrade verkoop om daardie geld vir arm mense se wonings te gebruik en ek is positief dat hy dit doen. Hy het beslis hoop gebring, goue horlosie of te not. Hy sal beslis ook onnodige travel en vergadering en ondersoeke koste laag hou, nie soos ANC elke week op ‘n ander vakansie en sit en slaap tydens die ondersoeke en seminare, bygesê as hul wel opdaag, party hou so partytjie met die verniet voggies dat hul die vlg dag verslaap en die hele seminaar mis wat hul met bealsting geld bywoon.

Johan du Toit ·

Jy sal altyd die een krom useless spyker tussen die ander spykers kry.

HFC ·

Ja daardie goue horlosies is cheap-cheap te koop by die flooi markte Jaco.

Henk Botma ·

Jaco gaan lees eers op oor die man voordat jy sulke stellings maak. Hy kom nie uit die politieke bedeling nie, hy het “Black like Me” begin…..’n uiters suksesvolle besigheid.

CHRISTAc ·

Jaco, beskuldig jy elke man wat ‘n goue horlosie besit van korrupsie?

wicus ·

DAAR MOET MEER HERMAN MASHABAS WEES IN REGERING DAN SAL DIT BETER GAAN
IN SA

Pieta ·

Oorwinning vir hardwerkende staatsamptenare? Wat van ons hardwerkende kleinbesighede en entrepreneurs?

Casper Labuschagne ·

Die taak van beide leiers en siviele amptenare is om doeltreffend te administreer, kostes te bespaar, werk te skep en om ‘n florerende ekonomie op te bou. Herman Mashaba is een van slegs ‘n handjievol persone wat dit doen, maar daarvoor straf die regerende party en hul kohorte hom, want korrupsie kon al meer as 100 luukse Duitse motors besorg het aan politiek-herontplooide amptenare in die tyd wat Mashaba al burgemeester is.

Baie sterkte ·

Baie sterkte en staan sterk in waarin jy glo Herman Mashaba, jy is ‘n voorbeeld waarmee eerlike opregte Suid-Afrikaners kan assosieer en hulle sal agter jou staan en so kan SA vorentoe gaan, dit is die regte pad, hou aan, saam sal ons die wetteloosheid uitroei.

Piet Pompies ·

Die werk wat die man doen is goed vir JHB, dit is goed vir sy eie begroting en goed vir ons land, hy wys dat beter standaarde gehandhaaf kan word. Doen so voort en stem vir nog sulke mense.

Andre ·

Pieta die hardwerkende staatsamptenare lewer ‘n diens aan ons die belastingbetaler, die kleinbesighede en entrepreneurs…… ja skep werk en en en …… sorg ook vir hulle self. Hou aan met jou goeie werk!!

Koos ·

Hy doen goeie werk. Hulle moet nog net die e-toll afskaf soos hulle belowe het.

andries ·

Mnr Mashaba is topklas. Baie sterkte aan hom. Mag die goeie seëvier.

Henk Botma ·

Die lot sal aanhou soos iemand wat geld by die atm wil trek en aanhou daarmee tot daar geld uitkom…al verskyn die boodskap “No funds” elke keer..

Fourie ·

God bless Herman Mashaba!! Geregtigheid SAL seëvier. Sulke mense soos hy maak my opgewonde oor die toekoms van ons land en sy mense!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.