Jhb dalk lank sonder water

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Johannesburgers moet hulle staal vir moontlike wateronderbrekings volgende week.

Rand Water, die instelling wat grootmaatwater aan die stad verskaf, beplan ʼn grootskaalse sluiting wat al sy reservoirs en watertorings van Maandag (24 Junie) 54 uur lank gaan raak.

Nico de Jager, burgemeesterskomiteelid vir die omgewing en infrastruktuurdienste, sê die sluiting word op die B11-pypleiding gedoen om ʼn 2 500 mm-klep van Lethabo na die Vereeniging-pompstasie te installeer.

De Jager sê dit gaan lei tot beperkte watertoevoer aan alle Rand Water-kliënte.

“Dit beteken nie noodwendig daar gaan gedurende die 54 uur-tydperk geen water gaan wees nie. Weens die lang tydperk kan sommige gebiede egter wel ʼn watertekort of lae waterdruk ervaar.”

“Johannesburg Water doen ʼn beroep op alle inwoners van die stad om water spaarsaam tydens die sluiting te gebruik om te help voorkom dat daar dalk geen water is nie. Vlak 1-waterbeperkings geld intussen steeds,” sê De Jagter.

Die sluiting kan ook verskeie ander munisipaliteite in Gauteng raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Linda ·

Ons het gister hier in Roodepoort briewe gekry wat ons waarsku dat ons die 24ste Junie vir 52 ure miskien geen water sal he nie. Ek sal maar baie bottels en emmers Sondag opvul.

Linda ·

Die Munisipaliteit het die moeite gedoen om ons almal in kennis te stel wat waardeer word !!!

Sonder water ·

Ag dit is seker lekker om te weet mense kry darem water en word in kennis gestel . Ons wat in Sundra .Eloff. bly sit nou al 24 dae sonder water oor mmmmm R100 miljoen se water rekening wat nie betaal word aan Rand water .. woner net waar gaan ons geld heen wat ons elke maand betaal ?aan munisipaliteit

Soner water ·

Ons het 24 dae laas water gehad .. dit is regtig lekker sonder water maar betaal elke maand die rekening maar soos dit vir my lyk kry Rand water nie die geld … R100 miljoen .. woner waar gaan die gelde heen wat ons betaal

HPV ·

Julle is gelukkig. Hier in die bankrot mangaung munisipaliteit is ons gereeld sonder water omdat hulle nie Bloemwater kan betaal nie.

khat ·

My magtig neem dit 54 ure om n klep in te sit maar nou ja as jy onbekwame mense in diens het dink ek julle sal dit net in tyd kla kry dit is te se as iemant nie die klep gegaps het nie en daar moet eers weer n kwotasie aangevra word wat kwaai gelaai is vir aankope maar nou ja ons land raak nou al die strond gewoond

Gert van Wierdapark ·

Die ouens wat die meeste gebruik en nie betaal nie, sal verseker nie “worry” om water spaar-saam te gebruik nie! Hulle spaar geld met nie-betaling!

HPV ·

Mangaung muninisipaliteitjie het weer nie water vanoggend, ons begin nou al gewoond raak aan geen diens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.