Jhb-‘dokters’ reik bedrog-sertifikate aan pasiënte uit

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Vier verdagtes, waaronder ʼn gekwalifiseerde dokter, is Vrydagaand in hegtenis geneem nadat hulle vals sertifikate uitgereik het aan honderde mense wat hulle kwansuis sou toelaat om ʼn bestuurderslisensie te besit, terwyl die persone medies ongeskik is om te bestuur.

Die verdagtes het glo die gekwalifiseerde dokter se spreekkamer gebruik om dié onwettige praktyk aan die Oos-Rand in Johannesburg te bedryf.

Simon Zwane, woordvoerder van die nasionale verkeers- anti-korrupsie-eenheid, sê dié eenheid, tesame met die raad vir gesondheidsberoepe van Suid-Afrika, die medisynebeheerraad, Medscheme en die Valke, het daarin geslaag om die verdagtes vas te trek.

Zwane sê die verdagtes het die dokter se praktyknommer gebruik om die beweerde bedrieglike onderneming te bedryf.

“Voorlopige ondersoeke het tot dusver getoon dat die verdagtes sowat R8 000 per dag verdien het deur sertifikate uit te reik aan persone wat ongeskik is om te bestuur,” het Zwane gesê.

Die sertifikate is na bewering uitgereik sonder dat enige mediese toetse op die pasiënte gedoen is. Die meeste van dié persone is ongeskik om te bestuur weens swak sig en diabetes wat nie onder beheer is nie.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklag daarvan dat hulle hulself as dokters voordoen en geneeskunde onwettig beoefen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blits ·

Dis niks nuut nie, Dit gebeur in Villiers ook, Het al gehad waar n man vir my gewerk het en na 4 maande kom hy skielik met n siek brief van n dok in die lokasie waat sêhy was blykbaar siek gewees en kon nie werk toe gaan nie maar die datums wat gegee is maak nie sens met die tyd wat hy gewerk het nie, die tyd wat hy blykbaar nie gewerk het nie was hy by die werk en almal wat hie werk weet daarvan en kan getuig.
Die buitelandse “dokters” is probleme

piper ·

hier by ons ook. n dokter met n kubaansa kwalifikasie was al op die voorblad van die plaaslike koerant. die dokter het sieksertifikate vir betaling uitgegee sonder om eers die persoon te sie. niks het gebeur nie,, en praktiseer nog steeds.

dr Sakkie van der Merwe ·

Ou praktyk in Springs waar dr’s sertifikate uitgereik word aan weermaglede wat sg siek is en eis word ingedien by mediese fonds.

rapporteer dit "dr" ·

Dr Sakkie vd Merwe, graag verneem ek of u hierdie bedrog onder die SA Nasionale Weeemag of hulle Mediese Fonds gerapporteer het. Hulle besonderhede is as volg: The Manager, PF Medical Continuation Fund, P.O.Box 3977 PRETORIA 0001.
Ek vetrou as ‘ n wettige gekwalifiseerde “dr”, U die regte ding sal doen en na vore te tree om sulke bedrog te rapporteer. Dankie!

Name ·

En nou word die name gerieflikheidshalwe weerhou. So vreemd dat sekere mense se name nie genoem mag word voor hulle in die hof verskyn het nie en ander se name en dorpe waar hulle woon word uitgeblaker deur die media met fotos op die voorblad. Eks bevrees ons is gedoom in Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.