Jhb-egpaar soek ‘dag en nag’ na vermiste dogter

Alliya Jackson. Foto: Verskaf

Alliya Jackson. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar van Turffontein in die suide van Johannesburg soek die afgelope tien dae “letterlik dag en nag” na hul 13-jarige dogter ná haar verdwyning.

Sally Jackson het aan Maroela Media gesê haar jongste dogter, Alliya, het vermis geraak nadat sy dié middag saam met twee vriende na ʼn winkel naby hul huis gestap het. “Die winkel is net om die draai van ons huis en sy stap byna elke dag soontoe. Daar was nog nooit enige probleme nie,” het sy gesê.

Die betrokke middag het Sally en haar man, Leonard, egter bekommerd geraak toe Alliya teen skemer steeds nie tuis was nie. “Ons het gedink sy het dalk na een van haar vriendinne se huis toe gegaan en het hulle gekontak, maar hulle het gesê hulle het Alliya die laaste keer by die winkel gesien toe sy gesê het sy gaan huis toe.” Oproepe na ander vriendinne van Alliya het ook niks opgelewer nie.

Sally, wat nagskof werk, soek sedertdien elke dag heeldag na Alliya deur die gebied rondom hulle huis te fynkam, asook die strate van Rosettenville op en af te stap. “’n Vrou het my ʼn paar dae terug gebel en gesê sy dink sy het Alliya saam met drie swart mans langs ʼn straat in Rosettenville sien staan, maar sy was nie honderd persent seker of dit wel Alliya was nie. Daarom soek ons nou in Rosettenville met die hoop dat sy dalk daar êrens is.”

Wanneer Sally vroegaand werk toe gaan en Leonard van die werk af kom, is dit sy beurt om deur die nag te soek. “Vandat Alliya vermis geraak het, het ek en Leonard seker nog net ʼn paar ure geslaap. Ons soek letterlik dag en nag na haar. Sy is nie die soort kind wat net sal verdwyn sonder om iets te laat weet nie.”

Die egpaar het intussen ʼn saak van vermiste persone by die polisie aanhangig gemaak en vermiste persone-organisasies help ook met die soektog.

Alliya het skouerlengte blonde hare en het ʼn denimbroek, pers trui en silwer skoene aangehad toe sy vermis geraak het. Enige persoon met meer inligting kan die Booysens-polisiestasie by 011 433 5305 of Missing Children SA by 072 647 7464 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Ai ek hoop pappa en mamma kry haar gou voor dit te laat is. Sterkte aan die familie en ons sal bid op haar veilige terugkoms.

Amanda Van Vuuren ·

3 Nov Dis n nagmerrie!! niemand moet deur soiets gaan nie wat nog te se van ouers!!
Die duiwel loop rond soos n brullende leeu al vir ligjare dit word net erger elke
dag! Hy leef v misery en die evil id mens word hierdeur gevoer!! asseblief mense
ek het reeds male sonder tal gese; moenie fotos v jou kinders op fb wys nie al
wil jy bars v trots! Die waagstuk is dit nie werd nie. Wie weet waar die duiwels
die kind in hulle versier gekry het!! Ek wil nie eers begin om te probeer dink deur
watter tipe pyn hierdie ouers gaan nie!! Groot en Almagtige God wys die weg aan
vir die ouers, families en andere wat help soek. Mag U wil geskied en U hulle na die
einde v hul pynlike soektog bring! U ‘rule’ veraltyd Jesus! liefdegroete aan die ouers
en familie v nog n ouerpaar in PE.

Henry Fourie ·

Ons wil net vir hierdie bekommerde ouers se dat hulle moet weet daar is mense wat werklik bid en hulle opdra aan ons Hemelse Vader. Baie sterkte.

Elizna Brits ·

Hoop die Here help en beskerm haar onthou die Here is ons herder en wees rustig.Hoop julle find haar.

Beatrix Stevens ·

Aan Alliya se Mamma en Papa… Mag Jesus sy hand oor jul hou, en Mag jul bekommernis, gou omskep word in Vreugde…. Mag Waar sy ook al is, sy veilig wees…. Kan net dink wat se tyd jul moet deurmaak…. Mag al die bure saam staan en help soek na die Meisie…. Sterkte aan jul… Kom veilig terug Alliya….

faith ·

sjoe ek hoop hulle kry haar. maar toe ek foto sien het ek geskrik lyk baie soos di klein dotertjie mckayla wat weggeraak het

vermeende ·

Ek hoop nie die ouers lees hier nie. Daar was laas jaar ‘n geval van ‘n dogter wat weg geraak het, die pa het uit gevind dat sy in JHB aan gehou word as sex slaaf deur Nigierieers, die polisie wou nie help nie want dit was ‘n dwelm hool. Sy was reeds verslaaf aan dwelms gemaak. Die pa het vir Stef Strydom gevra om te help, hy het man alleen ingegaan met ‘n vriend aan sy sy en met haar uitgekom en glo dit maar toe kon die polisie vinnig kom om te help toe die nigierieers bel vir hulp. Soek hom maar op FB die storie is op sy tyd lyn. Ek hoop die ouers kry haar gou en sy is nie in die gemors se hande nie. Daai dogter het selfmoord gepleeg ‘n paar dae later.

San ·

Kan jy meer inligting gee, kry hom nie onder Stef Strydom nie, dankie

MissDemeanor ·

Ek hoop sy word vinnig en ongedeerd opgespoor. Net ‘n opmerking, dalk kan die redakteur ‘n kommentaar lewer. Maar is die foto van haar geskeur en weer aanmekaar geplak?

SNEL ·

Ek dink die foto is gefou, dit gebeur maar met fotos wat in bokse gedruk word. Hoop regtig hulle kry hulle pop. Baie sterkte aan die Mamma en Pappa.

Daleen Prinsloo ·

Dit is natuurlik die dwelm “dealers” wat floreer in daardie areas. Volgens inligting kry mense tot R500,000.00 per kind. Mense, pas julle kinders mooi op. Mens kan nie 24 uur per dag oor hulle waak nie, maar dalk moet ons onsself ‘n bietjie opskerp hieroor. Sê maar net.

EMK ·

Liewe hemel Daleen ek hoop van harte jy is verkeerd! Dis nogals aardig dat jy dit hier noem, ek hoop maar die ouers lees dit nie want dit kan hul ontstel selfs al gebeur sulke dinge. Sterkte ouers!

chantal Breytenbach ·

Die meisie is al tien dae vermis en haar foto word nou eers bekend gemaak en geshare? Hoop en bid dat sy veilig gevind word. Sterkte aan d ouers

se net ·

Kan iemand asseblief laat weet of sy gekry s en wat is die bevinding so ver, Dit is komerwekend dat so min media bewustheid oor heirdie kind gedoen word. Die ouers het seker nie facebook en al die sosiale media om hull ete help nie. Maar genade! Wat word gedoen om haar te kry van die polisie se kand af?

Anre ·

Ek kan net sug en wonder…. hoekom liewe ouers wag julle 10 dae voordat julle regtig iets doen? En dink julle regtig dat 2 van julle haar gaan kry deur straat op en af te loop? Sy is nie ‘n verdwaalde hondjie nie! Julle moes DADELIK ‘n saak gaan maak het en DADELIK ‘n organisasie soos Pink Ladies genader het. Wat ek nog dink sal ek eerder nie hardop noem nie. Uiterse swak ouerskap.

Kate ·

Ai Anre, het jy nie mooi gelees nie of wat? Lees maar weer maar stadig hierdie keer. Die ouers het onmiddelik werk gemaak om te begin soek na hulle kind. Bid eerder dat sy veilig gevind word. Jou aanmerking is eerlikwaar uiters swak smaak.

Anre ·

Kate, ek het mooi gelees. Kan ek jou so vra… hoe lank vat dit om ‘n persoon op ‘n vlug te kry en landuit te smokkel? Miskien 5 ure? Sou JY, as ouer van ‘n 13 jarige weerlose dogtertjie, 10 dae lank gewag het voordat jy die koerante, polisie of sosiale media genader het? As jy eerlikwaar kan antwoord jy sou so lank gewag het, dat jou kind se veiligheid in 10 dae glad nie vir jou regtig belankrik is nie. Cool – kritiseer my dan. Maar ek belowe jou nou, as jou kind moet vermis raak, sal jy daai selfde middag/aand nog ‘n saak gaan open het en ek sou vandag geweet het hoe jou kind lyk want jy sou dit sekerlik op Facebook/Nuusblaaie laat plaas het? Nie waar nie? Dink asseblief mooi daaroor. Net omdat ek nie simpatiseer met die ouers nie, beteken nie ek gee nie om nie. Ek voel net – hoekom sal hulle so lank wag? As iemand haar in ‘n kar ontvoer het, wat help dit jy soek en soek en soek in die paar blokke waar sy woon? Dan is sy lankal weg………… verstaan wat ek bedoel? Jammer ek het jou omgekrap.

Jessica ·

no news from the day she went missing, but to keep every one wonder whats happening to the child, very strange they quick to publish when they kids goes missing, but then no updates, or when they have been found then they need they privacy, it’s better not to get the public involved if your kids go missing.

Jessica ·

So she not been find as yet, and no updates from the parents, but just to let the public wonder what’s happening, they quick to publish they missing kids and when they been found they need they privacy, but the public good for helping out in looking for her with not a word of where they been or what happened to them while been missing. i really hope this is a eye opening to parents not to let they young kids out walking to the shops and dropping them off at the malls, i have a daughter age 13 and i thank god for her to know the danger out there and that she has no intrest in the streets or been left on her own to wonder around on her own without me at all times,

Bonita ·

Kom ons hou op kritiseer ons is nie in daai ouers se skoene nie…….liewe Vader genade asb

anon ·

weet iemand of sy al gevind is asb maroela hou ons op hoogte

Helizna ·

Die foto lyk baie bekend… het sy nie vantevore ook weggeloop nie? Ek dink daar is ‘n geskiedenis hier. Die saak is nie so eenvoudig nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.