Jhb-hospitaal gesluit ná brand

Die Charlotte Maxeke- akademiese hospitaal in Johannesburg was Vrydagaand in ligte laaie. (Foto: Twitter)

Die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg is Saterdagmiddag gesluit nadat ʼn  brand langer as ʼn dag by dié mediese fasiliteit gewoed het.

Die Gautengse departement van gesondheid het in ʼn verklaring gesê die hospitaal sal vir sewe dae gesluit wees om die skade van die brand te bepaal. Geen nuwe pasiënte sal in dié tyd in die hospitaal opgeneem word nie. Teen Saterdag om 07:15 was 415 bestaande pasiënte na ander hospitale oorgeplaas. Brandbestryders het eers teen middagete Saterdag die brand heeltemal geblus. Die brand het reeds Vrydagoggend in een van die hospitaal se apteke uitgebreek.

Die departement het nog gistermiddag gespook om die oorblywende 270 pasiënte te verskuif. “Die pasiënte word as voorsorgmaatreël geskuif omdat ons besorg is oor skade wat deur rook van die brand aangerig kan word,” lui die verklaring.

Die departement is nog nie seker wat die brand veroorsaak het nie en sê hulle sal binnekort met ʼn ondersoek hierna begin. “Ons eerste prioriteit is egter nou om lewens van pasiënte te red.”

Die departement het ʼn beroep op instap-pasiënte gedoen om by omliggende mediese fasiliteite vir hulp aan te klop. Families van pasiënte wat na ander fasiliteite oorgeplaas is, word versoek om 0800 22 8827 of 0800 428 8364 te skakel vir inligting oor hul geliefdes. Hulle kan ook ʼn e-pos na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris dupreez ·

Instandhouding van die plekke is pateties. Hoekom is die brandkrane nie dadelik vervang na die diefstal, die veerandwoordelike persone moet vas getrap word en ontslaan word

Strandloper ·

Al wat hul het is n houding….om eenvoudig stupid verby te wees!

Karina ·

Ek verstaan ook nie hoe die brandkrane nie gereeld gediens is nie. Nalatigheid. Soos die hele staat aangaan, bly daar net as oor van Suid Afrika

anko ·

Enige openbare plek se brandtoerusting MOET gereeld nagegaan word dan sal sulke insidente nie plaasvind nie. Skande op skande agv onbevoegde mense, maar hulle moet die werk kry. Bevoegdes sit by die huise

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.