Jhb-man (51) sterf in botsing

Jhb-man (51) sterf in botsing (Foto: Netcare Limited)

ʼn 51-jarige man is dood nadat sy voertuig Saterdagoggend met ʼn vragmotor gebots het in Douglasdale, Sandton, in Johannesburg.

Nick Dollman, Netcare Limited-woordvoerder, sê die ongeluk het plaasgevind op Leslieweg net voor Douglas-rylaan in dié stad.

“Die 51-jarige man was in ʼn kritieke toestand in sy sportsnutsvoertuig. Die nooddienspanne het onmiddellik kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas, maar hy is ten spyte van al hul pogings om hom by te bring op die toneel dood verklaar,” sê Dollman.

Volgens hom het geen van die insittendes van die vragmotor enige beserings opgedoen nie.

Leslieweg was teen Saterdagmiddag steeds gesluit vir verkeer tussen Hornbillweg en Douglas-rylaan.

Dollman sê die die pad sal na alle waarskynlikheid in die namiddag eers gedeeltelik oopgestel word.

Dit presiese oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. Polisie-owerhede was op die toneel en ʼn ondersoek is van stapel gestuur.

Jhb-man (51) sterf in botsing (Foto: Netcare Limited)

Jhb-man (51) sterf in botsing (Foto: Netcare Limited)

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Leahim ·

Daai range rover het die trok hard getref dit is n 60 km/h sone wys maar net hoekom reëls en regulasies daar is .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.