Jhb-man in oprit geskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die Gautengse polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn 68-jarige man Donderdagoggend tydens ʼn kaping in sy huis se oprit geskiet is.

Ao. Hitler Ngwenya, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het in die oprit by sy huis in Westonaria, aan die Wesrand, stilgehou en uit sy motor geklim om die hek oop te maak, toe twee gewapende aanvallers op hom toegesak het.

“Die verdagtes het die man geskiet en hy het voor die hek inmekaargesak. Sy vrou, wat in die huis was, het gesien wat gebeur,” het Ngwenya gesê. Die aanvallers het daarna in die man se motor gespring en weggejaag.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man is twee keer in die maag geskiet en was in ʼn ernstige toestand. “Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy per helikopter na ʼn privaathospitaal in Johannesburg geneem is,” het Meiring gesê.

Volgens Ngwenya is die man se vrou nie beseer nie, maar is sy ook op die toneel vir skok behandel.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van kaping en poging tot moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het hy gesê “Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Ndlovu op 076 321 6500 te bel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

martie ·

Waneer gaan dit ophou Elke dag word mense geroof en geskiet. Dit word net erger en erger jys nerens veilg nir

Irene ·

Dan baklei hulle vir taal en straatname daar is erger dinge wat aan gaan in die f sa

humor ·

Dit wat ons in hierdie land voorle oortref al ons vermoedens. E T het dit van verhoog tot vehoog vir die volk uitgespel

Cherokee ·

ET? So jy weet nie eens van Oom Jaap en Dr Albert nie? Hulle was immers lank voor ET in die voorbanke (waar hulle geveg het teen die KP wat hul stemme probeer verdeel het). En húlle het (met ondermeer my hulp) al hierdie dinge teen die lamppale uit geskree vir dieselfde mense wat nou al die skuld op De Klerk & kie probeer pak.

Cherokee ·

re
‘ Die verdagtes het op die man geskiet en hy het voor die hek inmekaar gesak.’
Waarvan word hulle verdink, Maroela?
(Julle bevestig tog dat hulle die man geskiet het en die kar gesteel het, so nou maak julle hulle verdag oor iets anders.)

Ben Prinsloo ·

Cherokee ek stem nie heeltemal saam met jou nie maar ek weet dit wat jy sê dra baie gewig. Net so terloops, FW en Pik het hierdie land oorgevat met n tipe staatsgreep sonder dat ons daarvan geweet het. Die laaste groot staatsman wat ons gehad het was HF Verwoerd en die wat ons nie gehad het nie was Jaap Marais. Maar ek sê dit met groot respek teenoor van die ander.

Speedguard ·

Cherokee, jy slaan die spyker so op die kop, Oom Jaap Ore was ‘n baie slim poletikus en het hy die situasie wat ons nou in is voorspel, ET was geplant net om die afrikaner nog verder te verdeel om die sogenaamde vegters te akomodeer, dit is presies wat Jullius nou doen, die verskil is hul trek die ver linkses net om weer in koalisie te wees met die ANC/PAC en ander , dit hang dit natuurlik alles af van wie se bot die hoogste gaan wees .

Hannie ·

Tragies soos dit in ons land gaan, geen positiewe vooruitsigte vir veral ons kinders wie se toekoms nog voorlê.

Elize ·

Ek hou vas aan Romeine 8:28, al verstaan ek nie altyd wat om en met ons gebeur nie…..

tw ·

Dan wil mense nog baklei as Advokate ongeregtigheid wil beveg sodat gepaste strawwe toegepas kan word. Ai…..

tw ·

Dan wil mense nog baklei omdat Advokate onbehoorlike strawwe wil beveg in hierdie land. Maak ons wetter strenger. Op die oomblik lyk dit nie of ons wette enige iemand afskrik nie. Die boewe vier fees hier.

plaasjapie ·

Hannie, ons moet sterk staan en ons hemelse Vader se hand vat. Die wiel gaan nog tengunste van ons volk indie land draai…net n kwessie van tyd !

Waarheid seëvier ·

“Dinge” gebeur on rede wat ons nie NOU verstaan soek of wil hê nie (laatUWil geskied)Daar is vir ALS ‘n begin en einde Halleluja.
Bid en vra vir genade.

plaasjapie ·

Vra vir genade en lewe volgens SY wil…ons ook SY wette moet gehoorsaam en Hom aanroep vir hulp.
Dan glo ek sal die redding kom…haleluYAH

A.G ·

Die situasie in die land gaan nooit verander indien iemand nie oorvat en weer n goeie weermag en polisie diens op die been bring. Op die huidige stadium het die krimenele die oorhand want hulle weet daar is niemand wat hulle hoef te vrees nie. Wat het van die reserviste en kommandos geword wat gereeld buurtwag en patrollies gedoen het………?? Vra maar net.

plaasjapie ·

Ons volkie in die land lewe op staduim onder n strafgerig. Ons gaan ons nie op eie krag hieruit kry nie..
Maar ons land is die “land suid van die riviere van kus”…dinge gaan nog erger raak, maar daar gaan nog n draaipunt kom !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.